Author Topic: fluistering  (Read 2010 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
fluistering
« on: May 25, 2011, 08:06:33 PM »


stil waters
omring deur bome prag
op perke fluweel groen gras
in skadu geskimmel lĂȘ ons en teug
aan die praal wat ons omring
en ruil van mekaar n stukkie siel
in die heerlikheid van die wonderprag
raak ons toe ook maar stil
blare fluister wolksag in die wind

dis jou naam wat hulle noem!
luister fyn! luister nou!
sien jy my engel
selfs die wind  is lief vir jou

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: fluistering
« Reply #1 on: May 26, 2011, 06:46:17 AM »
Dis 'n pragtige prentjie.  :angel8:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: fluistering
« Reply #2 on: May 26, 2011, 06:55:32 AM »
As die natuur 'n mens se siel gegaps het,  is jy verewig daarin verlore,  of is dit gevind?
Om te weet is om te verstaan.