• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

woestynduin

Started by Louis, May 19, 2011, 10:19:02 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

Korreltjies woestynsand skerp geslyp
slaan hard en seer hier teen my been

met skreef-ogies tuur ek oor die woestyn uit
sand vloei soos water oor die duine heen

huilend, skreeuend kom die wind hier verby
van swaardra aan die sand op sy rug

sover hy gaan gooi hy sy vrag opsy
in die verte kom hy tot rus, met n sug

die duineveld nog gister bekend
se gelaat is vandag erg geskend

Angelica

Louis weka... hierdie is 'n wenner.
:angel8:
elle

Trapsoetjie

Baie beskrywend, pragtig. Dankie

:angel12:

PM

Eendag as ek groot is gaan ek ook so mooi skryf soos julle hoor!   :bootyshake:  Dankie Louis,  dit is baie mooi.  'n Mens moet seker die ervaring hê om die omvang hiervan te besef.  Ek wil graag 'n versreël uithaal,  maar dit is alles ewe mooi.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

adele

so skuif woestynduine met mening onder die winde se aanslag, skitterende werk hierdie. elke waai word so presies beskryf, ek voel daardie seer van die sand teen my bene.

:grommit:
adéle  :grommit:

Fransi

Ek hou besonder baie van die ritme van die gedig. Baie beskrywend, maar terselfdertyd ook baie simbolies. Goed geskryf.