Author Topic: woestynduin  (Read 2393 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
woestynduin
« on: May 19, 2011, 09:19:02 PM »
Korreltjies woestynsand skerp geslyp
slaan hard en seer hier teen my been

met skreef-ogies tuur ek oor die woestyn uit
sand vloei soos water oor die duine heen

huilend, skreeuend kom die wind hier verby
van swaardra aan die sand op sy rug

sover hy gaan gooi hy sy vrag opsy
in die verte kom hy tot rus, met n sug

die duineveld nog gister bekend
se gelaat is vandag erg geskend

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: woestynduin
« Reply #1 on: May 20, 2011, 03:56:42 AM »
Louis weka... hierdie is 'n wenner.
 :angel8:
elle

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: woestynduin
« Reply #2 on: May 20, 2011, 09:13:49 AM »
Baie beskrywend, pragtig. Dankie

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: woestynduin
« Reply #3 on: May 20, 2011, 09:52:42 AM »
Eendag as ek groot is gaan ek ook so mooi skryf soos julle hoor!   :bootyshake:  Dankie Louis,  dit is baie mooi.  'n Mens moet seker die ervaring hê om die omvang hiervan te besef.  Ek wil graag 'n versreël uithaal,  maar dit is alles ewe mooi.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: woestynduin
« Reply #4 on: May 26, 2011, 07:18:25 PM »
so skuif woestynduine met mening onder die winde se aanslag, skitterende werk hierdie. elke waai word so presies beskryf, ek voel daardie seer van die sand teen my bene.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: woestynduin
« Reply #5 on: June 15, 2011, 09:43:56 AM »
Ek hou besonder baie van die ritme van die gedig. Baie beskrywend, maar terselfdertyd ook baie simbolies. Goed geskryf.