Nooi, die font is daardie enetjie wat jy aan my voorgestel het vir boek 1. Comic Sans MS. Die grootte is 14. Dit hang ook baie af van die uitleg. Soms kort ek net daardie ekstra spasie om iets mooi te laat pas tussen die prentjies ook nog, veral by kortverhale en lang gedigte, dan maak ek die font grootte 13.
Ek stel die program op 30.2 bo en 21.5 onder en altwee blokkies langs elkeen, landscape.
Met Kaggelvuur het ek geleer dat 'n pdf legger sy kwaliteit verloor as dit in PP (Power Point) geplaas word. Die ideaal is om die prentjie of die foto in PP te plaas en dan die geskryf bo-op te doen. Fransi het van haar werk self gedoen en dit vir my van die program waarin sy werk gestuur en dit werk baie goed. Solank ek dit net kan "edit" om op my bladsye te pas.
Niks moet in "bold", of onderstreep, of in net hoofletters geskryf word nie. Maak seker dat jy 'n hoofletter het vir elke sin, en dat jou rekenaar nie outomaties elke versreël outomaties met 'n hoofletter begin nie. Die opskrif of titel word in 16 grootte gedoen. Titels het nie punte nie en maak seker jou kopieregteken en jou naam is langsaan. As dit moontlik is, maak twee spasies na jou werkstuk en plaas jou naam daar. Dit hang ook maar af of jy genoeg spasie op jou papier het. Daar word altyd 'n stukkie van die kantlyne afgesny voor die boek gebind word, maak dus seker dat jy rondom genoeg spasie los dat jou werk nie afgesny word nie. Sou jy twee bladsye langsmekaar lê, word die boek so gebind: Aan die regterkant van die linker bladsy en aan die linkerkant van die regter bladsy. Laat dus effens meer spasie daar toe.
Maak seker dat jy die blokkie waarin jy skryf lank genoeg trek sodat jou versreëls nie "ingekrimp" word nie. Dit gebeur nogal dikwels met my. (Vier versreëls word dan vyf of meer.)
Die ouens wat nie PP het nie moet liewers hul foto's of prente met 'n behoorlike verduideliking van hoe hulle dit wil hê, vir my stuur. Die foto's of prente moet ook nie kleiner gemaak word nie. Hoe groter dit is hoe beter is die kwailiteit in die boek. As jy iets op die internet kry, stuur vir my die skakel dan trek ek dit direk daarvan af.
As daar nog vrae is, vra gerus.