• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Prut-prut...

Started by Angelica, July 28, 2013, 10:29:19 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Prut-prut

Ek prut-prut
aan my mens-wees vrae...
Is ons reg
Is ons verkeerd
Sal ons ooit weet?

©Elsabe
elle

PM

Prut-prut ek nou oor dieselfde dinge.   :angel4: 

Daar is 'n ander sy aan die saak:  Glo jy dat jou paadjie vir jou uitgelê is? 
'n Mooi ding wat almal al seker gehoor het is:  Jy sit agter die doek wat God borduur, al wat jy sien is die los drade en knope, eendag as daardie meesterstuk voltooi is, sal jy genooi word om voor te kom staan en die prentjie te besigtig, dan sal jy weet. 

Om te weet is om te verstaan.

Naas

My paadjie vir my uitgele... Nee beslis nie.
Daai dag toe die mens geskape is met 'n wil van sy eie het God beheer verloor. Moes sy Seun stuur om my 'n kans te gee om vergewe te word vir al die twak besluite wat ek daarna sou maak. (PM. Die vraag verdien 'n onderwerp van sy eie onder sy eie opskrif.
Mooi geskryf vriendin. Die woordspeling van prut prut oor jou lewe is so in die kol. As 'n mens begin besef die beste deel van jou lewe is agter jou begin die prut prut van herrinneringe aan die mooi en seer van gister.
'n Leeftyd saamgevat in twee woordjies van onthou.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

Meeste van die tyd maak ek die verkeerde besluite.
So, ek mors nogal baie tyd deur weer die verkeerde besluite se nagevolge reg te maak, of probeer regmaak.
Ek maak hierdie verkeerde besluite omdat ek impulsief optree.  Van nature moet dinge nou gedoen word en klaar...
 
elle

PM

Dit is ook my groot probleem en om sake te vererger kan ek nie dink voor ek praat nie.  Meer as dikwels kom dit wat ek bedoel ook heel anders uit as wat ek dit stel.  Lyk my ons is maar so gemaak en so laat staan.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Eintlik moes ek se:
Ek prut-prut aan my menswees vrae
oor my menswees foute...
elle

PM

As jy dit mooi oorskryf dan vervang ek dit vir jou met die nuwe weergawe. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ok, maak so.
Muse, muse,,,, waar's julle girls??  Kom help gou vir Ella met 'n paar woordjies.
Ek gaan hulle fire, hulle weet dit nog net nie.
elle

PM

Myne het sommer "ge-awall"  :icon_biggrin: maar hulle sal weer hier aankom en dan is die gort gaar!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :icon_salut: :notworthy: My hele menswees 'n prutpot vol onbeantwoorde vrae dese dae  :bootyshake: