• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die reis

Started by Naas, June 05, 2011, 07:59:09 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Waar die son verstrengel
in die vingers van 'n haak en steek
kleur die lig bloedrooi
oor die uitgestrekte bosveld vlaktes.

Springbokkies bons oor bossies
terwyl vuilwit skapies wy,
halfpad na die verte
waar die son verstrengel.

Valke sweef in oopbek sirkels
oor die warm dorre aarde.
Op soek na wegneem etes
in die vingers van 'n haak en steek.

Voor my lê 'n pikswart slang
wat kronkel oor die vlaktes.
Waar dit die horison tref
kleur die lig bloedrooi.

Die reis van die mens
kleur die lig bloedrooi
in die vingers van 'n haak en steek
waar die son verstrengel.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit is vernuftig geskryf Naas.  Jy is een van die min digters wat gebruik maak van die strukture. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

En steeds hou ek nie daarvan om in boksies te skryf nie.
Ongelukkig is 'n uitdaging vir my soos Vat HOM vir 'n hond.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Naas,  ek het gisteraand weer met 'n maatjie gesels wat sê dat sodra haar pen opdroog,  sy gou 'n gedigstruktuur nader sleep en haarself dwing om te sit en te dink!  Dit help vir my ook.  Van die strukture het my geleer om nie 'n rymelaar te wees nie.  Dit was moeilik in die begin,  maar dit gaan beter met elke oefening.   :headbang:

Om te weet is om te verstaan.