Author Topic: Uil op die Dak..  (Read 7972 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Uil op die Dak..
« on: May 08, 2011, 06:02:44 AM »

ek sien jou wegstap
velskoen en hoed
die ronding van jou kop
kuite gespierd
 - ek ken dit so goed -  
ek sien jou wegstap    asof deur 'n sluier
die magneet in jou rug trek my
geskeurde hart teen jou aan
vergeefs roep ek na jou

ek ruik jou hemp   ek proe jou mond
ek hoor jou stem
dit slaan vas teen my bors
 
vergeefs roep ek na jou

snags
verander jou naam na fluister wanneer
ek alleen op jou wag
   dit knibbel aan my oor
jou spook dans ritmies teen my mure
in die flikker-flakker van die kers
jou vinger rus sag teen
die nat raamwerk van my mond
my borste wag op jou
jy voer my met wilde vrugte
tot ek oorversadig terugval
op 'n traannat kussing...
hoor jy my?

vergeefs roep ek na jou
en ek voel
die uil op die dak

++++

Uil op die dak :  Ou mense het geglo dat wanneer 'n uil op jou dak of naby jou huis sit, iets of iemand gaan sterf.
In die geval van my gedig 'Uil op die Dak' is dit die liefde wat sterf. Vandaar 'ek voel die uil op die dak' - ek voel die liefde sterf.
Groete.
« Last Edit: May 08, 2011, 10:47:48 AM by Angelica »
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Uil op die Dak..
« Reply #1 on: May 08, 2011, 08:58:40 AM »
Dit is mooi geskryf Angelica.  Vol emosie en goed oorgedra.  Ek sien 'n prentjie met 'n ou houthuisie in die bos met die uil op die dak.  Jy voel hom en ek hoor hom.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Uil op die Dak..
« Reply #2 on: May 08, 2011, 09:14:51 AM »
Pragstuk... weereens.
Is dit die uil wat die dooie kom roep?


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Uil op die Dak..
« Reply #3 on: May 23, 2011, 11:55:52 AM »
Baie mooi geskryf...ek hou van hoe die woorde in mekaar vloei en ek amper nie vinnig genoeg kan lees om te sien wat gebeur.

 :angel12:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Uil op die Dak..
« Reply #4 on: May 26, 2011, 07:26:23 PM »
een van jou bestes vol emosie

:grommit:
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Uil op die Dak..
« Reply #5 on: May 26, 2011, 07:31:08 PM »
Dankie, dankie vir julle kommentaar. My hart jubel as ek die mooi goed lees wat julle vir my se.   :angel8:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Uil op die Dak..
« Reply #6 on: May 26, 2011, 09:00:49 PM »
Sodra jy net weet dat dit alles uit ons hart uit kom is die Kaap Hollangs!
Om te weet is om te verstaan.