ek tortel vir jou,
my geliefde,
woorde op 'n stuk wit papier
gekrul, gestreep, in swart ink
óm my voel afgemeet tot dit by sê
hier op die lyne kom lê
verlange golf branders
vir jou, my lief, tot vlak in my kykers
tot dit oorspoel op my wang
jy't deel geword van myn elke dag
my hart se slag
ek verlang na jou rustigkalm vel
soms koel, soms songebrand en seer
telkens sout soos die see
ek verlang om my te vly in jou omhelsing
weer te osmose met jou lyf
jy vertel vir my jou hart se voel
so met die oggend dou, want sê jy
ek is deel van jou
van toeskulp het jy my gered
my pêrelblink gepoets om weer te skyn
ek gee my oor aan jou liefde
en jy aan myn wat soms kan warrel en kring
nooit wil ek weer my hart versteek, my lief
ek wil sonder keer kan bokspring
oor die storms sonder om te pyn.
en so kan ek tortel-tortel oor jou, my geliefde
my voel gekrul, ge-ink, op wit papier
my woorde uit 'n oorvol beker geskink
en golwend verlang in eb en vloed
tot ek jou weer sien hier