• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

DIE ‘F’ WOORD

Started by Leopatra, April 07, 2011, 01:19:23 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Leopatra

Stof het vir my gese ek kan hier hulp vra met die afronding van my gedig.  Hier kom dit:

DIE 'F' WOORD

Foertsek asseblief hier weg
Want jy gedra jouself Freeslik sleg
Ons sit jou in 'n hokken
Wat die ego skade sal berokken
Jy gaan nêrens weer saam
Want ons kry gans te skaam
Iewers moet ons 'n strepie trek
Anders gaan mens van Ferleentheid Frek
Gereeld sien ons jou hier
Om ons dag te ontsier
Vat liewers jou Ferdomde spiere
En gaan ruil dit vir goeie maniere
Jy kom net moeilikheid soek
Met jou Fieslike geFloek
Ons gaan glad nie meer akkoord
Met daardie Fieslike word
Sê gerus eerder Flippen
Dan is daar geen opgeblaasde lippen
Hou liewer hier Ferby
Of kry sommer gou jou ry

Friendelike groete
Die du Plessis Familie

© Leopatra

PM

Humor uit die boonste rakke!  Ek sien geen Fout nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

Maak ek my nou klaar en reg om my te ferlustig in 'n masjiengeweer sarsie fan f-woorde - daardie f-woord wat so kragtig emosie uitdruk. O F*& ek het alweer ferkeerd gelees. tien uit 10

Naas

Maar o Frikkedel! Ek stem saam. Daardie woord, op die regte tyd verkeerdelik gebruik, en daarna vergeet, het my nog nooit juis plooi op die brein gegee nie. Maar partykeer sit ek selfs die TV af as die fliek doodge-ef word. Party mense weet darem maar net nie waar om 'n effense strepie te trek nie en oordoen alles in skaamkry in en daar verby.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Kostelik!! As hier nou 'like' knoppie was het ek hom freeslik hard gedruk  :hello2:

PM

Ek het weer gelees Leopatra en sien dat die "word" in die 16de versreël seker "woord" moes gewees het.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het ook so paar gewilde 'f' woorde. Flip Frikkie, dis FOOD en alles wat FESTIVE lyk  :bootyshake: :icon_bigsmurf:

PM

Van al die F-woorde wat ek die meeste haat is "farewell" die ergste.  Daar is egter 'n paar wat my gunstelinge is, waarvan "faith" die sterkste is.
Gooi 'n paar woorde daar julle ouens.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Het hierdie nou weer freeslik geniet.  (lag)
Om te weet is om te verstaan.