• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Sou jy kon weet?

Started by Angelica, June 25, 2012, 07:13:55 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica



Dis 'n bleekwit maan
wat aan die hemel hang
Sou jy ooit kon raai
hoe ek na jou verlang?

©Elsabé
elle

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Mooi Engeltjie. Dalk het hy na dieselfde maan gekyk. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


Angelica

Dankie julle.
Dateer uit Woes-dae.
Weet nou nie of die ou die maan dopgehou het, weet net ek het.
elle

werelde weg

verlangend staar ek na die bleek wit maan....

om een of ander rede het die maan net n intense krag oor haar....

eks mal om oor die maan te dig ... dalk te algemeen maar nog steeds vervullend

Meraai vannie Baai

Dit is die perfekte voorbeeld van 'eenvoudig beeldend en blywend treffend' Angelica!!!  :notworthy:

Angelica



Dis 'n bleekwit maan
wat aan die hemel hang
weet jy hoeveel
ek na jou verlang?

PM, kan ek hierdie in Boek 2 erens indruk?
Asseblief.
Dankie.
elle

PM

Ag nee, nie nog 'n keer nie!   :icon_biggrin:  Ek stuur vir jou die blaadjie wat ek spesiaal aan hierdie gediggie toegeken het, omdat ek dink dit is pragtig. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

LOL.... lyk my ek het jou al twee keer vantevore gevra???
:color: :tongue3:
elle

Ah Willa

Ek's bly hy's in die boek - want die versie het my hart gesteel - maar ek moet werklik eerlik wees en se ek hou baie van hoe jy dit oorsprongklik gehad het Angelica :

Dis 'n bleekwit maan
wat aan die hemel hang
Sou jy ooit kon raai
hoe ek na jou verlang?

©Elsabé

maar dan ... dis jou vers .... en dit bly pragtig  :hello2:


Quote from: Angelica on April 21, 2013, 07:51:32 PM


Dis 'n bleekwit maan
wat aan die hemel hang
weet jy hoeveel
ek na jou verlang?

PM, kan ek hierdie in Boek 2 erens indruk?
Asseblief.
Dankie.

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

Hi Willa, jy is reg.
Ek hou ook meer van die oorspronklike. 
(Ek dink die jare haal my in.)
elle

Ah Willa

Ek dink die jare weet nie hoe om jou in te haal nie -
dit het opgegee en 'n ander moeg siel gaan jaag ...
wat die jare het gesien hoe jy opstaan tussen die blare
al waai die wind hoe swaar van die suide of noorde
die jare het nou al geleer dat jy in jou siel jonk is
en altyd die dag van more met moed inwag ...

so ek dink nie dit was dit jare wat jou ingehaal het nie,
dalk net jou gedagtes wat by jou verbygedraf het
toe jy nog rustig koffie gedrink het  :headbang:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w