• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gedigte wat ingeskryf is vir die gedigkompetisie.

Started by PM, April 01, 2013, 10:18:14 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Baie dankie aan almal wat ingeskryf het.  

Die wengedig is
Seisoene

Seisoene
 
Vriendin, ek stuur vir jou
'n
bossie somerblomme
om in jou hart te bêre
'n
groot bak vol laggies
vir 'n vrolike siel in die herfs
'n
bruinbeerkaros
om die winter af te weer
ek bied
'n
skouer vir jou sorge
my
mou vir jou trane
'n
oor vir jou vreugdes
'n
veilige wegsteekplek vir jou geheime
'n
slaansak vir jou frustrasies
en vertel vir jou van
seer geknelde duime
dat
jy die seisoene van jou lewe
met
hoop en geloof sal trotseer
ek stuur vir jou alles wat hol is vol liefde
en
die versekering
dat
jy
vir my
'n
dierbare vriendin is
© PM  

Die res is in die volgorde soos wat dit ingeskryf is.  (Ek gee hierdie prysgeld vir die forum vir 'n kompetisie wat in Meimaand gehou sal word.)  
Die gedigte is in elke skrywer se plekkie te lees. 
Kosmoskyk   Marius Buys©
Xanadu   Marius Buys©
Somer vir my Marius Buys©
Strandkind Marius Buys©
4 Haiku Marius Buys©
Twee harfrondtes    © Meraai vannie baai
Lente    Fransi©
Persepfone    Fransie©
Vier seisoene    Ans Botha©
Die ritsel van blare    Joe daai Ou©

Ek sal elke gedig in die skrywers se eie plekkies gaan vasmaak.  Julle sal sien hoekom dit 'n moeilike besluit was, want elke gedig is baie mooi geskryf.  Baie dankie vir julle saam gespeel het.
Die volgende kompetisie skop vandag af.  Terry sal die tema en die tyd kom aanteken.  
Om te weet is om te verstaan.