• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

IgA nephropathy ... enige iemand wat hieraan ly?

Started by adele, July 20, 2018, 10:27:06 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Ek weet nie waar om hierdie te plaas nie, so kies ek die stoepie waar raad en rate aan die orde van die dag is ....

Nog 'n "onsigbare" gebrek/mediese toestand wat stil-stil iemand se lewensvreugde en energie steel, tot alles binne-in 'n lyer daaraan, dalk ingee agv die onvermydelike opeenhoping van gifstowwe   :crybaby2:

https://en.wikipedia.org/wiki/IgA_nephropathy   :dontknow:

IgA nephropathy, also known as IgA nephritis, Berger disease, or synpharyngitic glomerulonephritis, is a disease of the kidney ; specifically it is a form of glomerulonephritis or an inflammation of the glomeruli of the kidney.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Nog nooit van die siekte gehoor nie. Verstommend hoeveel dinge daar is wat jou kniege stil-stil jou kniege kan knak  :crybaby2: dankie vir die skakel se deel mater. Ek sal volgende week as ons terug is van die bergkamp, beslis gaan loer. Altyd honger na kennis oor alles wat die menslike liggaam beinvloed.

adele

Dis 'n lang storie, lief Raaitjie. My jongste was seker 14 of 15 jaar en toe al twee jaar lank blaasondersoeke en 'scopes' gehad, seker tot sewe keer, kan nie meer onthou nie. Toe gaan ek met hom na die Akademie van d Universitas Hospitaal want my medies het uitgeput geraak. Hulle het hom toetse gedoen en toe stuur die uroloog hom na 'n Nephroloog ... ek het daardie tyd nie eers geweet 'n nierspesialis is iets anders as 'n uroloog nie, altyd gedink uroloog spesialiseer op niere saam met die blaas ens.
Lang storie kort, na 'n nier-biopsie is vasgestel hy het IgA nephropathy of te wel Berger's desease ... omdat 'n dr Berger in Frankryk, so laat as 1968, dit ontdek het.

In kort kom dit daarop neer dat die protein IgA in mens se bloed, in hulle geval die nierfilters afbreek totdat daar niks van 'n nier oor is nie. Die fout lê by die protein, nie by die niere nie. Baie mense het al nieroorplantings gehad, maar die proses gaan net voort. Nieroorplanting help darem weer vir 'n klompie jare.

Intussen, agv die swak nierfilters, verloor hulle bloed in uriene ... dit lyk altyd grys. Maar die grootste probleem is dat gifstowwe dan nie uit die bloedstroom gesif kan word nie en hulle altyd moeg kan wees. Sommer pleinweg kwaai sukkel met "Fatigue" want als is moeg, liggaam en daarom gees ook. Wanneer hy brongitis of griep kry, vat dit hom drie keer langer as ons ander om gesond te word. Soms nie sonder kortisone nie, wat weer sy eie nadele het. Daar is nog ander klein probleme ook, maar hierdie is die hoofprobleme.

Daar is nog geen oorsaak vasgestel nie, dus bly dit 'n misterie hoekom dit gebeur, en dus ook geen behandeling bekend nie. Al wat my kind gebruik het is 'n lae dosis bloeddrukmiddel, waarvoor weet ons nie regtig nie, behalwe dat dit blykbaar die druk in sy niere laer hou, vir wat dit werd is.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

So jammer vir hom en jou mater. Drukkie van oor die waters. Weet jy ons liggame is so wonderlik geskape en 'n mens ys innerlik as jy besef wanneer die liggaam die grootste vyand van jou gesondheid word en homself basies vernietig  :crybaby2: Ek gaan beslis meer oplees oor hierdie toestand. Jy het dit pragtig uiteengesit om ons 'n agtergrond te gee van wat gebeur met so pasient XXX