• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

wintersdroom

Started by Louis, June 07, 2012, 01:26:28 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

Die koue skenk weer geboorte
aan my ewige wintersdroom
Hoog teen die berg se blouste blou
verskuil tussen dennebome
n houthuis    n kot    my winters tuiste
die eeuoue reuse kreun saggies
wyl storm wind deur hul naalde suis
dwarrelwinde ruk aan deur en venster
en die skoorsteen huil n uil se lied
n knettervuur raas sagkens in die kaggel
rooi pastelkleure flits teen die muur
n lang wolhaar mat die lê op die vloer
met hope komberse wat af en toe roer
langsaan staan n kruppel koffie tafel
met oorblyfsels van gisteraand se wyn
In gebondelde komberse
snoesig verskuil
giggel jy…

Meraai vannie Baai

Hierdie lyne soebat vir hardop voorlees  :love7:

PM

Wat 'n verrassing om jou weer hier in lewende lywe te sien!  :hello2:
Dis 'n goeie gedig, mooi geskryf.  Ek sou net denneboom een woord maak en hier en daar peuter aan die leestekens.  Hoop dit gaan boek twee toe Louis.

Het jy nie nog 'n paar Engelse gedigte daar vir boek twee nie?  Seblief!   :dontknow:

Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Og, maar dis mooi.
En hier in die koue, nat Kaap is die prentjie darem alte snoesig, Lewies.
Ek dink ook dit moet Boek 2 toe. 
Het jy nie nog Engelse skriwwels op stukkies papier of op jou werksbank uitgepotlood wat moet lewe kry nie?
elle

Angelica

Lewies... het gewonder, wil jy nie hierdie in jou taal vir ons vertel nie, asseblief?

elle

PM

Dit is 'n goeie idee, dan kan ons dit rug teen rug plaas.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

n houthuis   n kot   my winters tuiste  die mooiste mooi ...

ek stem met Raaitjie - hierdie vra om hardop gelees te word met mooi musiek in die agterkant, 'n warm kaggel en 'n portjie innie hand  :toothy4:

PM en Raaitjie - hier hou ek ook van daaigrootwoord se witspasies  :angel12:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek is so bly jy het die wit spasies bymekaar geskraap Wils. 
Louis, jy gebruik dit uitstekend.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

adele

Quote from: louis weka on June 07, 2012, 01:26:28 PM
.......
snoesig verskuil
giggel jy...

ag dis lekkerlees mooi

:grommit:
adéle  :grommit: