Kragtige lirieke
Aspoesterjie se nuwe Volkslied:Eskom sit ons lig af in Afrika
Mamma vat 'n kersie om lig aan te dra
pappa bring 'n torch ook
en boetie bring 'n flits
Eeeskom wat gaan aan?
Eeeskom wat gaan aan?
Waarmee gaan ons bad en waarmee gaan ons stort
Wat gaan van ons geld word
waarmee gaan ons werk
Wat gaan van ons goed word
as alarms nie meer raas nie?
Eeeskom wat gaan aan?
Eeeskom wat gaan aan?
Uit die donkerte en duister
in die middel van die dag
oor ons stede en ons dorpe
hang die swaard van Eskom krag
klink die roep vir warm liggies
en 'n stoof om kos te maak
ons sal lewe ons sal sterwe
sonder krag van Eskom af.
©
Annie:O vra my nie my liefde nie
dit is alreeds gepos
toe eskom weer die krag afbreek
die trein land in die bos
en net toe ek daarna gaan soek
toe word ek meegedeel
ek mag nie eers 'n liggie maak
dan word dit ook gesteel
want eskom is so arrogant
die reg is syn alleen
om helder lig aan ons te gee
so druipstert gaan ek heen
maar liefde wil ek steeds nog vind
en hoor toe hier op woes
is daar 'n oorvloed afgelaai
ek kan maar net kom oes.
©
(2)
kinders moenie die krag so mors nie,
want waar gaan ons koffie drink, O
kinders moenie die krag so mors nie,
want waar gaan ons koffie drink
dit kom al lank al
dit kom al lank al
dit kom al lank al
so veertien jare al
wie het nie geluister nie
maar kenners net weggewys
wie het nie geluister nie
maar kenners net weggewys
dis nou van eskom
dis nou van eskom
hul wou nie luister
en ons moet die spit afbyt.
©
Vossie:Daar onder in die vlei sit ‘n sparky
Hy is so moeg en so lam.
Die mense wil hom heeltyd roskam
en hardloop hy weg vir die honderdste maal
maar die krokkie by die water is gatvol
hy word te veel gepla
en as hy dit eenmaal nog doen
is hy vir Eishkom verdoem!
©
bertha badprop:hallo donker my boesem buddie
ek het my kerse doodgeblaas
want die petrol gaan op en op
en die krag gaan af en af
en ek weet nie
meer wat om te koop
en wat om te los
so ek vry nou in die donker...
©
(2)
Onder die beurtkrag
sit ons moedeloos
onder die beurtkrag
raak ons sommer boos
onder die beurtkrag
raak ons onplesierig
onder die beurtkrag
raak die meisies kieskeurig
beurtkrag, beurtkrag...
©
(3)
Ek het beurtkrag by die werk
wou gister trou maar ook'ie krag by die kerk
die gennie se petrol raak ook op
dis nou droë brood en 'n blikkie sop
ek wil ook in 'n mansion bly
maar met geen krag is dit neusie verby
want my besigheid gaan daaronder lei
so ek vra gee my net 'n bietjie krag
sodat ek brood kan verdien elke dag
want sonde lektricity is ek broke
en sing ek terwyl ek aan woorde choke
©
SueEe:Ooo...die eskom,
o, die eskom,
o, die eskom is 'n wonderlike ding
Hul sit af die lig,
reeds die kers uitgevind,
o die eskom is 'n wonderlike ding!
o, die eskom,
o, die eskom is 'n wonderlike ding
Hul sit aan die ligte,
steeds is niemand tuis,
o die eskom is 'n wonderlike ding!
©
Vossie:Ek het so pas verneem dat Eskom ook hierby 'n bydrae wil lewer:
Hello darkness my old friend ...