Author Topic: En dis weer sulke tyd - die paaie lyk soos riviere  (Read 5939 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
En dis weer sulke tyd - die paaie lyk soos riviere
« on: March 01, 2013, 09:11:02 AM »
Hulle het ons gewaarsku daar kom nog reen ... en van gister af het die sluise van die hemel weer oopgemaak en daar word nog meer reen verwag! Die groot rodeo saamtrek op ons cowboy dorpie is afgestel en ek hoop net die ouens wat reeds begin kamp het op die skougronde gaan dit betyds huistoe maak voor ons weer afgesny word van die buitewereld as die Condamine afkom!

Ons het vanmiddag gou ingegaan dorp toe om noodvoorraad aan te skaf want die boere verwag die creeks gaan riviere word en riviere gaan mere word. Met die terugkom het ons benoud gewonder of ons die huis gaan haal - toe begin die Jepie se 'alternator' lig brand en dit beteken die battery laai nie meer nie. Die Jeep soek nou 'n motorboot-engine want die paaie word riviere  :evil6:

 



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: En dis weer sulke tyd - die paaie lyk soos riviere
« Reply #1 on: March 01, 2013, 06:03:46 PM »
Wow, ek is net bly julle het veilig tuis gekom.  Dit moet baie benoud wees!  Pragtige foto's, dankie Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.