• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Apophis 999

Started by Marius, February 22, 2013, 09:27:43 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Apophis 999*

In ons donker dwaal jy daar,
ewig kringend soos tyd vergaar,
gerugte van 'n bitter beker - nie onwaar.

O Satanskind wat singel-singel,
swart baan jy jou dodestingel,
vuur sal baar as jou sesklok klingel.

Sonder afwyk sonder skein
laat jy appokalips verskyn
en dodelik jou refrein:

"In the year 2036~36,
will man be ground to nix?
Is Apophis in the mix?"

Die hoer van Babel dra
nihilisties haar helbaba
dertigduised keer - Hiroshima!

Kopiereg Marius Buys 2013

(moderator Poet Whisperer)

YouTube Video van 'n regte meteorietstorm ter illustrasie van wat 'n 300 keer groter asteroide kan doen:
http://www.youtube.com/watch?v=3f_iwmSlVSQ&feature=share

Video van 'n Michael Bey voorstelling van wat mag gebeur:
http://www.birchindigo.com/video-apophis-99942-the-killer-asteroid-of-2036/

* Astroiede "99942 Apophis" vernoem na die Egiptiese Afgod van donker en verwoesting wat gisteraand 10 Jan verby ons is en die Aarde in 2036 kan verwoes met 'n impak van 350 megaton, 30 000 keer groter as die Hiroshima kernbom.

** Die koms van die Hoer van Babel en die Antichris (helbaba) is tekens vir die vergaan van die Aarde volgens die boek van Openbaring.

PM

Goed geskryf Marius. 'n Nare storie.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Marius

Om te weet, is om te verstaan, is om jou broek te bedinges en selfs dit sal nie help nie...

PM

 :hello2:  Ek lief jou sin vir humor.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.