• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

"Sneldicht" gedigte oor verhoudings.

Started by Marius, February 21, 2013, 10:30:05 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Drie afsonderlike "Sneldicht" gedigte oor verhoudings.

(sonder titel III)

Jou lyf my lief, is Rubicon,
my visum onbeperk,
jou vonkel, ewig horison
die weg in braille gemerk.


(sonder titel II)

My woorde, soos water,
vervorm tot jou verwysing,
verraai ons vermoeƫ,
word Hydra - onverslaan.


(sonder titel I)

Ek wil vir jou dig in regte woorde
maar my dogma dra Ahasveros se kleed,
en daar leef en sterf ek,
en daar leef en sterf ek.


Kopiereg Marius Buys 2013

PM

Baie mooi geskryf Marius.  Dankie vir die deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

" The die is cast" :-)

Besonders geskryf. Dit lees ongelooflik lekker.

Marius

(Dit is makliker om die fisieke intieme grens in 'n verhouding oor te steek, as om intieme insig te verkry in wat jou maat werklik gelukkig en opgewonde maak, en is inteendeel, 'n lewenslange soektog met rigtingwysers in' n onbekende taal wat jy letterlik op aanvoelingl moet aanleer. Braille word geleesdeurdat die leser iemand anders se gedagtes lees deur fisies in kontak daarmee te bly en ek wil n gelyk trek met die liggaam, die kop en hart wat gelukkig gehou moet word)

Fransi


PM

Deurdat 'n mens braille met jou vingers lees, het die "fisiese gevoel" duidelik na vore gekom.  Dit is wel kort en bondig maar spreek boekdele.  
Om te weet is om te verstaan.

Marius

Sien asb die eerste plasing vir die wat ek bygevoeg het. Om elkeen afsonderlik te plaas is onnodig.

PM

Ek dink daar is 'n potloodskets van Rembrandt in die Louvre in Parys waar Esther aan die heer Ahasveros voorgestel is. 

Goeie werk Marius.  Regtig mooi geskryf. 
Om te weet is om te verstaan.

Marius

Oe! daai ene is n moet google. Dankie en dankie.

Marius


PM

Die een waarvan ek praat is die heel eerste skyfie.  Dankie Marius.
Om te weet is om te verstaan.