Author Topic: Die onsekerheid van Planck (lex parsimionae et Dieus)  (Read 2947 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Die onsekerheid van Planck (lex parsimionae et Dieus)
« on: February 21, 2013, 10:28:06 PM »
Die onsekerheid van Planck
(lex parsimionae et Dieus)

Relatief
is ruimte is tyd,
dertien biljoen jaar
brei die Heelal stééds uit,
ewig verder, weg van mekaar,
sprei die koukiemerke op ons ballon.

Atoom
ís die mens,
(elektron/neutron/proton)
‘n subatomiese spiraalspoor deeltjie tendens,
hul bestaan bewys in waterstof en magneetveld koekon,
speel daar quarks, bind gluons en die skuil die donker Boson.

Verstaan,
atoom is beide deeltjie én golf,
twee dinge gelyk en tergelykertyd,
beide tweegat jakkals én rondloper wolf,
wat slegs op een spesie na waarneming besluit
en ken ons nie almal ‘n hele paar sulke mense nie!

Vra:
“massa vanwaar?”
en wil jy nou meer
Hadron het toe haar baba gebaar,
maar steeds kon Occam se lem nie skeer,
tussen God en Boson op hul Spaanse trein deur ou Seville...

Kopiereg Buys 2013

*Spaanse trein verwys na Chris de Burg se lied Spanish Train
** ‘n Onbekende Bosun deeltjie genaam 125Gev is in 2012 deur die Hadron Botser waargeneem.
*** Max Plack se stellinge maak deel uit van die “onsekerheids teorie”
**** "lex parsimionae" - die mees logiese van twee stellings is die korrekte een (Occam se lem)
« Last Edit: February 22, 2013, 02:41:48 PM by Marius »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Die onsekerheid van Planck (lex parsimionae et Dieus)
« Reply #1 on: February 22, 2013, 05:55:10 AM »
Dit is 'n goeie stukkie werk en ek geniet dit. 
Lanklaas so 'n interessante bekvol gelees.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die onsekerheid van Planck (lex parsimionae et Dieus)
« Reply #2 on: February 22, 2013, 07:58:47 AM »
"Spring Theory". Sjoe, dit is 'n diepdink gedig. Uitstekend geskryf.
Dit het my nou laat dink aan twee dokumentêre wat ek onlangs gesien het. Die een begin ook by relatiwiteit en dan quantum fisika. Dit het basies daaroor gegaan dat alles wat bestaan 'n eie vibrasie het en dat jy deur konsentrasie en meditasie op kleinskaal veranderinge aan daardie vibrasie kan meebring wat dan weer op grootskaal gesien kan word- die rimpeleffek. Die ander dokumentêr het gegaan oor 'n persoon wat van opreg gelowig na atheïs beweeg het d.m.v. Occam se lem. (Lg. laat my altyd dink aan Sherlock Holmes :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Die onsekerheid van Planck (lex parsimionae et Dieus)
« Reply #3 on: February 22, 2013, 08:03:26 AM »
Fransi, ek was so lus om die "Spaanse trein" se woorde hier te kom vassit, maar ek is bang ek kry slae.   :icon_biggrin:
Dalk kan ek maar as ek Marius se toestemming het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die onsekerheid van Planck (lex parsimionae et Dieus)
« Reply #4 on: February 22, 2013, 08:23:10 AM »
:-) Ek het nou eers op YouTube gaan luister.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Die onsekerheid van Planck (lex parsimionae et Dieus)
« Reply #5 on: February 22, 2013, 08:46:18 AM »
'n Hele bekvol-gedig.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die onsekerheid van Planck (lex parsimionae et Dieus)
« Reply #6 on: February 22, 2013, 09:08:07 AM »
Pragtig!

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Die onsekerheid van Planck (lex parsimionae et Dieus)
« Reply #7 on: February 22, 2013, 09:16:55 AM »
PM plaas Chris se lirieke met plesier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Die onsekerheid van Planck (lex parsimionae et Dieus)
« Reply #8 on: February 22, 2013, 10:39:08 AM »
There's a Spanish train that runs between Guadalquivir and old Seville
And at dead of night the whistle blows
And people hear she's running still
And then they hush their children back to sleep
Lock the doors, upstairs they creep
For it is said that the souls of the dead
Fill that train ten thousand deep
Well a railwaymen lay dying with his people by his side
His family were crying, knelt in prayer before he died
But above his bed just a-waiting for the dead
Was the Devil with a twinkle in his eye
Well God's not around and look what I've found this one's mine!
Just then the Lord himself appeared in a blinding flash of light
And shouted at the devil, get thee hence to endless night!
But the Devil just grinned and said I may have sinned
But there's no need to push me around
I got him first so you can do your worst he's going underground
But I think I'll give you one more chance said the Devil with a smile
So throw away that stupid lance, it's really not your style
Joker is the name,
Poker is the game, we'll play right here on this bed
And then we'll bet for the biggest stakes yet, the souls of the dead!!
And I said Look out, Lord, he's going to win
The sun is down and the night is riding in
That train is dead on time, many souls are on the line Oh Lord, he's going to win
Well the railwayman he cut the cards
And he dealt them each a hand of five
And for the Lord he was praying hard
Or that train he'd have to drive
Well the Devil he had three aces and a king
And the Lord, he was running for a straight
He had the queen and the knave and the nine and ten of spades
All he needed was the eight
And then the Lord he called for one more card
But he drew the diamond eight
And the Devil said to the son of God I believe you've got it straight
So deal me one for the time has come
To see who'll be the king of this place
But as he spoke, from beneath his cloak
He slipped another ace
Ten thousand souls was the opening bid
And it soon went up to fifty-nine
But the Lord didn't see what the Devil did
And he said that suits me fine
I'll raise you high to hundred and five
And forever put an end to your sins
But the Devil let out a mighty shout
My hand wins
And I said Lord, oh Lord, you let him win
The sun is down and the night is riding in
That train is dead on time, many souls are on the line
Oh Lord, don't let him win
Well that Spanish train still runs between Guadalquivir and old Seville
And at dead of night the whistle blows
And people fear she's running still
And far away in some recess
The Lord and the Devil are now playing chess
The Devil still cheats and wins more souls
And as for the Lord, well, he's just doing his best
And I said Lord, oh Lord, you've got to win
The Sun is down and the night is riding in
That train is still on time, oh my soul is on the line
Oh Lord, you've got to win
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Die onsekerheid van Planck (lex parsimionae et Dieus)
« Reply #9 on: February 22, 2013, 10:44:35 AM »
hoendervleis nostalgie...

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Die onsekerheid van Planck (lex parsimionae et Dieus)
« Reply #10 on: February 22, 2013, 11:28:00 AM »
Ai Marius, die gedig spreek met my, maar jy moet eers verstaan dat ek sien in prentjies en my brein dink aweregs.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Bundel insetsels Marius Buys - Die onsekerheid van Planck
« Reply #11 on: February 22, 2013, 11:32:45 AM »
Die onsekerheid van Planck
(lex parsimionae et Dieus)

Relatief
is ruimte is tyd,
dertien biljoen jaar
brei die Heelal stééds uit,
ewig verder, weg van mekaar,
sprei die koukiemerke op ons ballon.

Atoom
ís die mens,
(elektron/neutron/proton)
‘n subatomiese spiraalspoor deeltjie tendens,
hul bestaan bewys in waterstof en magneetveld koekon,
speel daar quarks, bind gluons en die skuil die donker Boson.

Verstaan,
atoom is beide deeltjie én golf,
twee dinge gelyk en tergelykertyd,
beide tweegat jakkals én rondloper wolf,
wat slegs op een spesie na waarneming besluit
en ken ons nie almal ‘n hele paar sulke mense nie!

Vra:
“massa vanwaar?”
en wil jy nou meer
Hadron het toe haar baba gebaar,
maar steeds kon Occam se lem nie skeer,
tussen God en Boson op hul Spaanse trein deur ou Seville...


*Spaanse trein verwys na Chris de Burg se lied Spanish Train
** ‘n Onbekende Bosun deeltjie genaam 125Gev is in 2012 deur die Hadron Botser waargeneem.
*** Max Planck se stellinge maak deel uit van die “onsekerheids teorie”
« Last Edit: June 10, 2013, 03:09:49 PM by Marius »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Die onsekerheid van Planck (lex parsimionae et Dieus)
« Reply #12 on: February 22, 2013, 11:34:17 AM »
Ek sleep my stoeltjie nader.  Dankie, ek kuier heerlik op die forum vandag. 
Om te weet is om te verstaan.