• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Eilandverlang

Started by adele, May 21, 2013, 08:27:42 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Eilandverlang

Vir jou wil ek 'n nessie vleg
en dit aan 'n wilgerlat hang,
met grasse en 'n paar stokkies,
om vreugde in die wind te vang.

Saam met bamboesklokke,
wat in die aand 'n houtlied sing,
riempiebind ek ons liefde in 'n gerf
om dit weer na jou te bring.

Op wieke van 'n varingwysie,
langs die rots se waterstroom,
sproei die waterval my hartsverlang
oor die stam van die wilgerboom

en onder die wit strand se palms
wat langs die golwe skaduwee,
vind ons harte 'n omgee-gedagte,
'n liefde wyer as die blouste see.
adéle  :grommit:

PM

#1
Pragtig Adéle.  Het jy met opset een deel van die gedig in vetdruk geplaas?
As jy mooi kyk na daardie prentjie, sal jy sien dit lyk of daar "haartjies" op is, dit is hoe dit lyk in die boek wanneer die kwaliteit van 'n foto nie goed genoeg is nie.  Pragtige voorbeeld. 

Om te weet is om te verstaan.

adele

more vriendin
nee, ek het dit get[p]oets  ... maar nie besef dit het so agtergebly nie

:grommit: 
adéle  :grommit:

Fransi


Meraai vannie Baai

Met jou toestemming, gaan ek dit nou vir Outop voordra by kerslig enne glasie wyn. Dit soveel keer oor en oor gelees - ek kan dit nou 'sien' sonder ekstra oge  :love7:

PM

Dit is 'n pragtige voorbeeld van hoe dit in die boek lyk as 'n mens vetdruk gebruik. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

maar ons mag mos nie ...
tog is daar soorte skrif, baie 'dun' wat makliker lees, darem bietjie fensie lyk maar beter lees as dit dan vetgedruk is.

dis wanneer mens goed voel, as ander jou griffels by kerslig geniet   :love7: 

:grommit:
adéle  :grommit: