• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

"Twee-een, twee-een" griffelstruktuur

Started by Meraai vannie Baai, October 11, 2012, 05:43:21 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Wolf-wolf.

Die Liewe Vader weet,
ek het nie meer raad nie!

Hoe gemaak met die sketevraat?

Hoor net van 'n kwaal;
sien jy hoe hul kwyl.

"Vertel my tog eers gou - hoe simptome knou."

Dadelik sien jy ore spits
en bak staan.

'n Merkie kan jy maak - op die almanak...

binne 'n week of twee, glo my vry;
biep-biep die foon, of kry jy 'n poskoetslyn.

Die Liewe Vader weet, ek het nie meer raad nie.

"Wolf wolf hoe laat is dit?"
lees die marmerskrif in swart op wit.

Vergewe my asseblief; ek dog dit was weer net bluf!

© Meraai vannie baai

'n Eenvoudige, maklike struktuur met sy variasie van twee-een, twee-een versreëls (onbeperk in totaal)
en 'n kombinasie van verskillende rymvorme op geen vasgestelde patroon nie. Een van die reëls word herhaal vir impak.

PM

Baie goed gedoen Raaitjie.   :notworthy: 

Wie gaan nog saam speel?  Ek sal 'n bietjie later probeer. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


Meraai vannie Baai

#4
En hier is PM se "twee-een, twee-een"  :love7: :hello2: :notworthy:


Aan almal wat nie met my wil praat nie

ek skenk vir jul elkeen 'n forumsaadjie
plaas dit in die hand waarmee jy skryf

hou dit vas

as jy tik kan jy dit in jou handpalms sit
vou jou hande nou dig tesame

en skud

dit sal ontkiem en wortelskiet
om die mooiste woorde te dra

uit jou hart

bring dit asseblief na die forum
ek voel so eensaam en alleen

ek skenk vir jul elkeen 'n forumsaadjie...





PM

Hê-hê, ek het die twee-een-ding gekry.  Hier is dit!
Nou sien ek eers, ek het vergeet om 'n versreël te herhaal.   :`ip2:

Raaitjie, kan jy asseblief die laaste versreël met
Ek skenk vir jul elkeen 'n forumsaadjie... vervang? 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het so gemaak matertjie. Het ook sommer vir jou die verse opgebreek in die twee-een formaat  :love7: :book1:

PM

Jy is 'n ster!  Baie dankie Raaitjie.  Dit is heerlik om die forum oop te maak en te sien jy is terug.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.