• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Van die poskoets afgeval

Started by PM, August 13, 2013, 12:00:15 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hierdie het vroegoggend kopuitgesteek.  Die eerste een laat my dink aan Naas en die trappe! 

Ek is so keelvol vir my vriende wat so baie drink! Kan jy glo, hulle
was gisteraand so dronk - hulle het my drie keer laat val terwyl hulle my
kar toe dra ......
****
Dokter: 'Mevrou, jou man het rus en vrede nodig. Hier is slaappille
... daarvoor.'
Vrou: 'Wanneer gee ek dit vir hom?'
Dokter: 'Dis vir jou, sodat hy sy rus en vrede kan kry'.
****
'n Ou oom staan in 'n trein en kyk hoe 'n jong vrou sit en borsvoed. Haar
baba weier om te drink. Sy dreig hom: "As jy nie drink nie gee ek dit vir
die oom!".
So gaan dit aan en aan. Weer weier die baba en weer dreig sy om dit vir
die oom te gee. Skielik wip die oom sy alie en sê:
"Daai baba moet nou sy mind opmaak! Ek moes al
4 stasies terug afgeklim het!"
****
Baas: "Sipho, hoe de hel kry jy dit reg om so baie goed in een
dag op te donner?"
Sipho: "Ek staan vroeg op Baas."
****
Ek loop nou net uit by die winkel met 'n pie, 'n koeldrank, chips en
'n russian en daar sit 'n boemelaar en sê vir my dat hy 2 dae laas geeët
het.
Ek sê toe vir hom! " Ek wens ek het JOU wilskrag gehad."
****
Seun sê vir sy Pa: 'Pappa, daar's so oukie by die skool wat sê ek's gay..!'
Pa: '..nou moer hom!!!'
Die seuntjie antwoord: 'maar hy's so cute!'
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Dankie, jy het daarin geslaag om 'n lag uit my longe te pers.
:toothy4:
elle

Fransi