• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die Namib-woestyn

Started by Meraai vannie Baai, September 18, 2021, 06:41:19 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Die Namib-woestyn
E A Schlengemann

Verlate, verdor, deur die lewe verstoot,
Is my wese verbitter met nyd,
En ek voer in die diens van my Meester, die Dood,
Met alles wat lewe 'n stryd.
Heet soos my sonskyn en diep soos my sand
En hard soos my berge se rots,
Is die wreedheid van weerwraak wat binne my brand
Met die haat van gekrenkte trots.

Geen skoonheid, geen skadu, geen groenheid of gras,
Geen vleie my vaalte versier;
Seƫvierend verdryf ek indring'rig gewas
En folter vir mens en vir dier:
Ek teken mirages uit tergende spot
Vir verdwaaldes, gemartel deur dors,
En my sande dans juigend met helse genot
Oor geraamtes verstrooi op my bors.

Maar saans as die mis oor my west'like strand
Soos 'n lykkleed my kaalte bedek,
En die nagwinde kerm oor my eind'lose sand
En skadu's my lengte oorstrek-
Dan word ek meteens met weemoed omgewe,
Al bly ek hoogmoedig en wreed,
En ek smag na die wellus van groenheid en lewe,
En sug in my eensame leed.

Elle het lankal hierdie gedig gedeel in getoonsette vorm op Facebook. Mensig was dit 'n vreugd ongeken toe ek kon saamtokkel op die ukulele.
Antjie Patat, ek wonder of jy dit onthou? Ek het vir jou die videotjie gestuur met messenger lankal van die saamspeel-genot.

Die Namib-woestyn gedig deur E.A. Schlengemann, gesing deur Lorri Raaths.
https://www.youtube.com/watch?v=CIzzNrfJsM8





PM

Hoe bly is ek ek het nou op hierdie plasing afgekom.  Die rillings spoel oor my soos daardie mirages in die sand!
Ek dink ek sal dit nog baie lees en wens ek kan ook daardie videotjie onder oge kry. 
Om te weet is om te verstaan.