Author Topic: Môre van hoop  (Read 2077 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Môre van hoop
« on: February 04, 2013, 10:30:12 PM »
Ek dwaal vandag weer
deur  labarinte van my hart,
soek na verslete blaaie
uit lank vergete  joernale.

Selfs in donkerste hoekies
krap ek stukkies uit,
en sit hul versigtig
by herwinbaar neer.
Die eerste sonstraal
sal 'n nuwe môre
daaruit baar.

Elke leë belofte
skud ek in die wind,
sit al die eensaam nagte
netjies in 'n sloop.
Pleister toe die krake,
grendel lendelam deure,
'n wag met swaard en stok
bewaak elke poort en gat

Dis skoon hierbinne,
geen rommel lê meer rond
als gereed vir 'n nuwe môre,
een van liefde en van hoop.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Môre van hoop
« Reply #1 on: February 04, 2013, 11:23:57 PM »
pragtig gedig. ekke pak sommer 'n stukkie hoop vir my ook in.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Môre van hoop
« Reply #2 on: February 05, 2013, 12:08:34 AM »
So mooi. Pragtig.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: Môre van hoop
« Reply #3 on: February 05, 2013, 03:09:36 AM »
Ek lief die metrum in jou gedig Gawie.  Dit is soos 'n boodjie wat op die water klots.  Die halfrym wat jy toepas voltooi die deuntjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Môre van hoop
« Reply #4 on: February 05, 2013, 04:24:44 AM »
Pragtig Gawie!!  :love7: :notworthy:
« Last Edit: February 05, 2013, 05:31:00 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Môre van hoop
« Reply #5 on: February 05, 2013, 10:16:56 AM »
hoop het nogal altyd vir my pragtig gesing,
ook hier in jou mooi skoonmaak gedig wat gereed maak vir more se liefde en hoop
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w