Jy praat AB. Ek het my 3x3 meter komposhoop uitgeput na die vloed en besluit om nie weer kompos te maak nie. Natuurlik is ek effens suur vir myself, want die avoboom het al 'n wavrag vol avo's gespeen en dit sou nou 'n ideale medium wees vir 'n komposhoop.
Ek plant toe ook "botter neute" en patty pans, tamaties, boontjies en spinasie daar. Die pampoene het loshande gewen. Die area is afgesper met betonomheining, maar die pampoenranke het hulle nie daaraan gesteur nie. Dit het sommer by die hek uitgegroei en bo-oor die plaveisel geloop.
My gaste is almal hier weg, elkeen met 'n sak butternuts en patty pans.
Ek sal later 'n foto kom plaas om te wys hoe lyk dit.
Ek, vir een, sal baie bly wees as groente en vleis se pryse nou terugkeer na normaal. Dit was nekomdraaipryse hierdie feesseisoen.