Die lekker van hierdie koolresep is dat daar nie geure rond hang terwyl mens die kool braai nie. My ma het my geleer om 'n dik sny brood bo op die kool te plaas wanneer 'n mens dit kook. Dit het baie van die reuk opgeneem, maar tog nie alles nie.
Kinders hou nie van kool nie, maar op hierdie manier smul hulle tog te lekker daaraan. Ek glo die spinasie sal net so heerlik wees.
'n Pakkie gesnipperde ontbytspek, krakerig gebraai, is ook heerlik daar by.
So lyk die resep met die spek by.
Hoof bestanddele:
Spek
Uie
Kool
Eiers
Kaas
Koolgereg alla Squisita Onthou die resep se naam moet die woord Squisita bevat.
250 gram Varkspek,(of weenseworsies of enige ander vleis)
2 Gekapte uie
fyn gekapte vars knoffel
6 koppies gesnyde kool
4 Eiers geklits
2 Pakkies kaassous
Gerasperde kaas
Sout, peper en speserye na smaak.
(Onthou dat spek en kaas reeds sout bevat)
So maak mens
Kap die spek in stukkies en braai tot bros. Hou eenkant.
Braai die uie, knoffel en kool saam tot sag maar nie pap nie.
Voeg die gebraaide spek en ander speserye by en meng goed deur.
Skep die mengsel in 'n vuurvaste houer.
Gooi die geklitste eiers oor die gereg.
Meng die twee pakkies kaassous soos op die pakkie aangedui.
Gooi dit oor die gereg.
Rasper kaas en strooi dit bo-oor.
Sprinkel 'n bietjie paprika oor.
Bak dit in 'n warm oord vir 40 minute.
1 Blikkie heelpit mielies