Ai my matertjie, ek deel in al jou vreugdes. Sê tog ook vir hulle ons seg: Happy anniversary!
My kinders het my almal geskakel en ek het die vreugde gehad om my helel "NZ-crue" op skype te sien. Dankie tog vir vandag se tegnologie! En kan jy glo, die NZlanders vertel my dat my jongste kleinkind wat nou een jaartjie oud is, lyk elke dag meer na haar Ouma Pietie. Ag siestog, die arme kind!
Ek het ook vir my liewe mamma wat al lank nie meer met ons is nie, 'n mooi briefie geskryf om dankie te sê vir die wonderlike mamma wat sy vir my was. Ek het ook vir Ouma Naas dankie gesê vir die wonderlike bydrae wat sy in ons lewens gemaak het. Vandag was werklik 'n "baie dankie" dag.