Ek lag so vir ons swart skoonmakertjie hier waar ons tuisgaan. Sy is baie skerp en het nog 'n sin vir humor daarby. Sy mimiek haar baas uitstekend met handgebare en al, wat vir ons baie vermaak verskaf, maar 'n mens tog laat besef hoe jy as werkgewer opgesom word.
Na 'n paar dae se gespook is die woonplek en die tuin in 'n heel aanvaarbare toestand.
"Tannie", sê sy gister vir my.
"Ek is nie meer skaam om hier te werk nie."
Ek vra toe vir haar hoekom is Balfour se strate so vuil en vol gemors, hoekom leer hulle nie die mense om nie so te mors nie, waarop ek hierdie antwoord kry, met handgebare en al:
"Sal jy 'n vark wat in die modder gerol het vat en gaan bad? (Sy "tel die vark op" en maak asof sy hom bad.) Nee jy sal nie, jy sal net jou tyd mors." en sy gooi die vark eenkant.