• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Verskuilde 0-skop Verse

Started by Meraai vannie Baai, December 02, 2012, 03:08:19 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Saamgestel deur die woorddief  :notworthy:  :icon_biggrin:

Piet Magriet:
Ek weet hierdie 0 is 'n gat, is hierdie O 'n asgat? Ons is 'n klomp "0-skoppers".

Ek is nou nie snaaks nie,
maar ek is bly as hulle hemel toe gaan,
ek wil nou regtig nie saam met hulle om dieselfde vuur sit nie!

~~~

Piet Magriet

Ek wil nou nie uit my beurt praat nie,
want ek het nie die ondervinding nie,
maar deesdae is alles Inglish!

Die ousie hy kom soek hom die werk,
hy praat hom net die Inglish,
maar hy verstaan hom die fokkolie wat djy sê vir hom nie!

Jy kyk hom by die oog as djy saam met hom praat
maar djy kan sien die ligte hy is aan
maar daar is niemand by die kaia huis nie.

Dan praat djy hom die Sotho of die Zulu,
maar natuurlik is djou Sotho of djou Zulu nie so goed nie
en dan hy verstaan hom nog die minder as die fokkolie.

MAAR dan!

Uit pure frustrasie,
djy praat hom die Afrikaans,

"and God is your witness"
die ligte hy slaat vir djou blind!

Nou djy denk so by jouse selwers,
shame, as daai kjend se ma nou vir hom
van die kleintyd af die Inglish geleer het,
dan broer, dan, kon djulle altwie
iets iewers reg gekry het!

*Hierdie gedig bevat 4 gedigstrukture in een :)

~~~

Naas
My oorle oupa het altyd gesê:
"n Dronk leeu het die skoot hoog deur."

Maar miskien het dit iets te doene gehad
met die Transvaalse rugbyspan op 'n verloor Saterdag.

~~~

Trapsoetjie

Dinge kom en gaan.
Binne bly die storm
aan die brand.

....en hier sit ek weer

met my rooirok voor jou deur.
Niemand is tuis, het almal verhuis?
Hier is dan (veronderstel) om so baie lede te wees, wa's julle?

~~~~~~~~~~~~~~

Angelica: wees veilig

Veilig van goggos
en goed wat seil
en goed wat brul
en spring en hop.

Neem genoeg spaarbande saam.
En sonskerm roompies.
O ja, en water!

~~~~~

Chichi se 0-skop versie  

ek
dink,
ek staan die
beste kans hier,
om nog in my tyd 'n ou boertjie -
met 'n wynplaas en 'n lughawe te ontmoet!

Meraai vannie Baai

Wonder ek of hierdie 0-skopverse ook in die kroeg hulle eerste geboortepyne gekry het  :book1:

PM

Ek wil nog steeds nie saam met hulle om dieselfde vuur sit nie.  Ha-ha.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#3
Die 0-gatskop sal altyd vir my spesiaal wees. Kom baie jare al met ons saam besef ek vanaand weer.  Ons weet NET hoe om te kuier tussen lyne met die ABC. Enig in sy soort. :`ip2:

eers was dit dit...
toe was dit dat...
en nou sit ons met die hand in die 0

:icon_biggrin: :snorting:

PM

Jy neem my terug na die lekker goeie ou dae.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Saamlees oor die skouers van ons naamlose gaste werp vrugte af -  my herkou-plesiertjies om die ou plasings weer in my kies rond te rol.

Assie

#6
Oupa se: Vandag is die ou dae van more. As ons hulle lekker wil he moet ons nou die stroop oorgooi.




:mumum:

Assie

Ta Raaitjie HELP. Ek het 'n verskuilde vers geskryf maar nou kan ek hom nêêêrens kry nie.

:mumum:

Meraai vannie Baai

#8
Ek het 'n vae vermoede daai slakke met twee voete wat jy en oupa so teel het hom gesteel Assie! Nou is hy regtig 0-skop-verskuild  :icon_bigsmurf:

Assie:
Akkedissies gooi ook hulle sterte af as hulle skrik.
Hulle sê krokkedille is ook soos akkedissies
hulle gooi ook hul sterte af as hulle skrik
maar jy sien nooit 'n krokkedil sonder' n stert nie
want niks kan 'n krokkedil skrikmaak nie.
Oupa sê parlementslede is skrikkerige goed
want hulle sterte het al almal afgeval.

:headbang: :notworthy: :icon_salut:

Naas

Ta Raaitjie is ook nes my vrou... As iets weg is weet sy net waar om te soek...
Sy moet nog net my verstand kry. Kan nie onthou waar ek dit laas gebruik het nie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#10
 :icon_bigsmurf: :`ip2:

Naas:
Smaak my
party van daai parlementslede
waarvan oupa so praat
se verstante
sit in hulle se gate
want hulle sterte
sit aan hulle se voorkante vas.

:headbang: :bootyshake: :sign10:

Pantoffelregering:
En dat 'n man dan nou vrywilliglik
vir botter en wors pleit
voor daai pantoffelregering
vir lewenslank.

Minwetend dat Aspoesterjie se glasskoentjie
voor die troue gewindowlene worre
en na die troue in 'n wolhaarpantoffel verander
as die horlosie 12 uur slaan.

Maar as die besluit weer oorgedoen moet worre
sal dit maar weer vir botter en wors wees...
vermoed ek.

© Naas