Hier is nog 'n oue. Hierdie gedig het 11 lettergrepe in elke versreël.
Ons jonk-wees dae.
A Die deuntjie wat oor en oor in my kop sing... (eerste a)
B As ek terug dink aan ons jonk-wees dae... (eerste b)
A Dálk was dit net ‘n vlug van my verbeelding, (tweede a)
B of lê daar nog ‘n duisternis van vrae (tweede b)
C wat verewig tog onbeantwoord sal bly (eerste c)
B as ek terug dink aan ons jonk-wees dae... (herhaal eerste b)
C Daar is baie “sondes” wat ek kan bely (tweede c)
D oor wie wat waar en gesteelde soentjies, iets (eerste d)
C wat verewig nog onbeantwoord sal bly... (herhaal eerste c)
D Daar sit nog ‘n stoute laggie in my kies (tweede d)
E as ek dink aan die dae toe ons jonk was, (eerste e)
D oor wie, wat, waar en gesteelde soentjies, iets (herhaal eerste d)
E wat ek bêre, diep in my onthou se kas. (tweede e)
F Dan raak ek skoon bewoë en stort ‘n traan (eerste f)
E as ek dink aan die dae toe ons jonk was. (herhaal eerste e)
F Steeds het hierdie ou liedjie sy weg gebaan, (tweede f)
A ‘n deuntjie wat oor en oor in my kop sing… (herhaal eerste a)
F dan raak ek skoon bewoë en stort ‘n traan, (herhaal eerste f)
A dalk wás dit net ‘n vlug van my verbeelding. (herhaal tweede a)