Hierdie twee funksies is ideaal wanneer jy dit as verwysingsfoto wil gebruik vir skilder of net so laat druk op canvas. Die kamera se verstellings was op outomaties en sonsondergang. Omdat ons kamera se fotos almal naastenby 10.8 MB is, kan ek die kleinste detail uitsny en die beeld is nog duidelik (hang af waar die fokuspunt was).
Gewoonlik gebruik ek dan die 'kontrasfunksie' van PhotoScape op so +24 om die voor- en agtergrond duideliker te skei nadat ek die deel uitgesny het wat ek wil gebruik. Dit word dan apart bewaar deur net 'n
a of
b by die nommer te voeg. Die laaste foto is soos dit geneem is sonder om die kleur te verryk met die kontrasfunksie. Heel eerste foto is die kontras op +32 gewees.