• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

boggelbome

Started by Louis, May 24, 2011, 11:49:19 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

eenkant boom
arme boggelboom
weskus weeskind
suidoos se prooi
arms verwoes en rug skoon krom
blare heel deurmekaar gewaai

suidoos
jou woes verwoeste wind
soveel chaos wat jy saam bring
stof wolke woed alom jou vele voet
tolbossies rol om voor jou weg te kom

jou nalatenskap
blyk oral te wees
boggels orals ek vrees
geboë
gebreklik
verwoes teen hul sin
staan hul maar só
tuur die noord-wes in

boggelboom
ek is jammer, ou weskus kind
daar is geen salf te smeer aan dié wind
orals staan die boggel prooi
ag nee suid-oos
jy maak nie mooi

Angelica

Nog 'n uitsonderlike stuk, Louis. Jy dig amper net so goed in Afrikaans as in Engels.  :angel8:
elle

PM

Dit is uitstekend.  Jy neem my tot daar en ek beleef die hele woeste woes wind.  Ek hou van hoe jy van alliterasie en assonansie gebruik gemaak het.  Dit is goed gedoen. 
Om te weet is om te verstaan.