Author Topic: ons drie  (Read 1977 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
ons drie
« on: May 20, 2011, 12:47:02 PM »
onder n rustige boom
vloei die koel lavenis van n bergstroom
blare ritsel in die oggend bries
n voeltjiekoor besing hul nuus
goue lemme van n sagte son
deurboor die blaar plafon

n uur kan soos n leeftyd voel
en een dag in n ewigheid oorspoel
woede het hier geen bestaan
skoonheidsliefde het dit verban

my gedagtes kan hier rustig dwaal
na my geliefde, ver weg gehaal
my wens is vir jou aan my sy
vir ewig saam te bly

net ons drie
ek en jy...en ons

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: ons drie
« Reply #1 on: May 21, 2011, 06:07:59 AM »
Wou se 'Three is a crowd', maar dan breek die hele sisteem op. Hierdie stuk wys net weer dat elkeen in 'n verhouding sy eie mens is met eie spasie en tog ook 'n eenheid kan vorm met nog 'n individu. Kan vir my werk.  :angel8:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: ons drie
« Reply #2 on: May 21, 2011, 12:18:52 PM »
Ek kan die eerste strofe bêre vir my "happy place",  'n sonskrynhoekie om na terug te keer as dit nie so goed gaan nie.  Dan,  ons drie kan vir my ook werk.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.