• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

ons drie

Started by Louis, May 20, 2011, 01:47:02 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

onder n rustige boom
vloei die koel lavenis van n bergstroom
blare ritsel in die oggend bries
n voeltjiekoor besing hul nuus
goue lemme van n sagte son
deurboor die blaar plafon

n uur kan soos n leeftyd voel
en een dag in n ewigheid oorspoel
woede het hier geen bestaan
skoonheidsliefde het dit verban

my gedagtes kan hier rustig dwaal
na my geliefde, ver weg gehaal
my wens is vir jou aan my sy
vir ewig saam te bly

net ons drie
ek en jy...en ons

Angelica

Wou se 'Three is a crowd', maar dan breek die hele sisteem op. Hierdie stuk wys net weer dat elkeen in 'n verhouding sy eie mens is met eie spasie en tog ook 'n eenheid kan vorm met nog 'n individu. Kan vir my werk.  :angel8:
elle

PM

Ek kan die eerste strofe bêre vir my "happy place",  'n sonskrynhoekie om na terug te keer as dit nie so goed gaan nie.  Dan,  ons drie kan vir my ook werk.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.