Author Topic: Ek het so 'n effense sweterigheid....  (Read 3513 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Ek het so 'n effense sweterigheid....
« on: September 15, 2012, 04:56:18 PM »
... op my bo-lip.
Dit was die heerlikste dag in Durbanville.  Byna 25C.  Die heel eerste volsonkyn dag in maaaaande.
Dit was 'n lang winter.  En baie koud.
Ek en Mamma stap so bietjie padlangs en onder die bome langs.  Die veld is oortrek met goudgeel daisies wat vol oop is.  Die bytjies weet nie waar om te gaan sit om stuifmeel bymekaar te maak en die miere werk hulle alies af om al die winterdrek uit hul neste te kry.  Enetjie bring dit van onder af tot by die gaatjie-opening en die ander enetjie buite vat by hom aan om te gaan weggooi.  Baie interessant.
Met die terugloop gewaar ek die effense sweetdruppeltjies op my bo-lip.  Ai, was dit nou lekker om dit weer te ervaar.
Ons geniet terwyl dit hou.  Die koue is verseker nie heeltemal weg.
Lekker naweek.
elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek het so 'n effense sweterigheid....
« Reply #1 on: September 15, 2012, 08:04:39 PM »
wonderlik, geniet die tye saam met haar, dit is so kosbaar.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek het so 'n effense sweterigheid....
« Reply #2 on: September 16, 2012, 04:31:31 AM »
Ek is bly jy het dit geniet en hoop daar lê nog baie heerlike volson dae vir jou voor.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek het so 'n effense sweterigheid....
« Reply #3 on: September 17, 2012, 05:33:03 AM »
Gister het Outoppie vir my 'n boom geplant en die blinkstrepie op sy voorkop was weggee-getuie dat die seisoen gedraai het. Mens voel sommer meer energiek - tot die groot hitte kom - dan gaan ons seker weer verlang na die koeligheid  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek het so 'n effense sweterigheid....
« Reply #4 on: September 17, 2012, 01:25:33 PM »
 :icon_biggrin: Ek het gister vir Hannes gesê ek wens die koue wil nou skoert, ek wil liewers kla oor die hitte!

Ons het nou drie keer hael gehad in twee weke.  Saterdag toe pleister ons die muurtjie by die kuierplek en daardie aand toe slaan die hael dit vol gate!   :`ip2:  My plante lyk al of hulle masels het en die groot-blaar-plante hang alweer aan flarde.  Ek dink genoeg is nou genoeg. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Ek het so 'n effense sweterigheid....
« Reply #5 on: September 17, 2012, 02:37:07 PM »
Ek stem, genoeg is genoeg. Somer kan nou maar uit sy wegkruip plekkie kom. Ons is nie meer kwaad vir hom nie....wel ek was nog nooit kwaad vir Somer nie.  :icon_biggrin:

Ek kla nie oor hitte nie. Want ek onthou hoe vinnig ek koud kry. Dat ek maar in stilte die hitte verdra.  :hello2:

Dan een van die mooie dae sal ek nie, meer kan werk toe ry nie. (wel hopenlik net 'n klein rukkie  :icon_biggrin:) In die Somer tuis, kyk dit kan nogal lekker wees. Nogal BAIE lekker.  :dontknow:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek het so 'n effense sweterigheid....
« Reply #6 on: September 18, 2012, 06:02:26 AM »
Ek weer is soos 'n tropiese vis.  Hou daarvan so om en by die 22 grade.   :icon_biggrin:

Elke nadeel het mos sy voordeel.  Dit kan nogal 'n heerlike vakansie wees. 
Om te weet is om te verstaan.