• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PM se Killer sop

Started by PM, July 12, 2021, 11:47:50 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM


Ek het vanaand hierdie sop gemaak en dit was 'n "killer". 
Gewoonlik maak ek snaakse kos, daarom het ek 'n heel plat hoender op die kole gegooi, net vir geval!  Gelukkig het my ander helfte net so baie van die sop gehou.  Ons het nienemin stukkies hoender gesny en dit in die sop geroer. 

So maak mens:
Sny alle groente in stukkies.
4 klein rape
4 stingels seldery
4 wortels
2 aartappels
1 groot ui
1 peper (enige kleur of soort)
1 klein fennel (stingels en al)
3 preie
1 groot kop brokkolie
Neem 4 groot eetlepels botter met 'n groot eetlepel knoffel en braai die groente daarin tot glasig.
Voeg 'n opgehoopte teelepel gemmer by.
As jy paprika het voeg 'n eetlepel by.  Gerookte paprika smaak nog lekkerder.
'n Opgehoopte eetlepel sampioenspeserye daarby werk goed, anders kan jy ander geurmiddels soos aromat of groentespeserye byvoeg.
Geen kos is regte kos sonder risies nie.  Voeg soveel by as wat jy verkies.
Voeg 2 koppies water by en kook tot sag.

Klits 2 pakkies hoenderroomsop en 2 pakkies sampioenroomsop met 4 koppies water by en kook tot gaar.  Jy kan nog water byvoeg as die sop te dik is na jou smaak. Proe vir sout en peper en voeg by na smaak.
Lekker eet.

Indien jy iets anders byvoeg laat weet vir ons ook.

Om te weet is om te verstaan.