• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Laventel/Lavender

Started by Fransi, September 02, 2012, 09:50:03 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Fransi

Esoteriese gebruike: liefde, beskerming, reiniging en genesing.

Medisinale gebruike: antibakteries, kalmeermiddel, verkoue en hoes, insomnia, antidepressant, reiniger en dit stimuleer die immuunstelsel.

Daar is verskeie maniere om dit te gebruik. Ek gebruik dit dikwels in olie-vorm (slegs uitwendig) wanneer ek 'n hoofpyn of spierspasmas het. Of andersins maak ek met die blommetjies vir my 'n heerlike tee. Die geur laat my altyd voel asof ek beter kan fokus en konsentreer.

http://fransi.quazen.com/shopping/the-many-uses-of-lavender/

PM

Baie dankie Fransi.  Hier is 'n foto van English Lavender. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dankie baie baie vir die deel van die kosbare inligting Fransi  :notworthy: :hello2:

Angelica

Baie interssant, dankie Fransi.
elle

Elizabeth

Oulik! (dankie Fransi) en dan is dit nog mooi daarby!

Fransi

 :hello:

Dankie PM vir die foto en dankie baie vir al julle dankies. Dit is regtig een van my gunstelinge in ons tuin.

PM

#6
Dink net hoe sal hierdie veld ruik. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Elle ruik dit ampertjies hier!!! Regtig egtig hoor. Toe besef ek ons waspoeier se geur is lavender heheheh!!

PM

Lavender bly maar 'n wenner. 
My se lavender, wat voor my agterdeur gestaan het, het saam met die dreinpype in die gat geval.  Ek sal maar weer 'n paar saadjies strooi. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

My ma se huis (my sussie bly nou daar om 'n ogie te hou) se hele voortuin is vol lavender. Elke keer wat ons daar gaan kuier is dit vir my 'n fees en oes ek blommetjies. Myne is nog bietjie effentjies om van te oes ek wil hê hulle moet eers meer gevestig raak, maar dit was die heel eerste krui/plant wat ons hier geplant het.

PM, ek glo hulle sal weer gou groei en vir jou vreugde bring.

PM

Dankie Raaitjie, ek glo ook so.  Jan Brand het gesê:  Alles sal regkom met FG kitskoffie.  Ek dink ek sal dit moerkoffie maak en tyd byvoeg.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.