Author Topic: Gelukskote  (Read 6426 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Gelukskote
« on: September 02, 2012, 02:03:49 AM »
Spesiaal vir ons maatjie wat so laat in die nag slaaploos dwaal ...  :love7: weet jy kuier nie op FB nie toe kom maak ek die reeks hier ook vas. Die eerste foto lyk of dit gedokter is, maar ekke belo' hand op die hart - dit is Moeder Natuur se eie patrone!!


























« Last Edit: September 02, 2012, 02:06:01 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Gelukskote
« Reply #1 on: September 02, 2012, 02:10:55 AM »
Skote Petoors!  Dit is werklik besonderse foto's Raaitjie.  Dalk kan ek 'n paar randjies bymekaar skraap  en dit in onse boek sit.  Dit kan net treffers wees. 
Die natuur het darem sy eie skoonheid en so dikwels gaan dit ongesiens by ons verby.  Baie dankie vir die deel, ek lief jou. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Gelukskote
« Reply #2 on: September 02, 2012, 02:15:13 AM »
Gedink jy sal ook geniet. Jy het nie dalk idee watse saad (laaste foto) is dit wat ek raakgeloop het in die reenwoud nie?
Dit was sagter as sy en ongelooflike samestelling gehad!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Gelukskote
« Reply #3 on: September 02, 2012, 02:31:27 AM »
Daar is verskeie sulke saad.  Die skoenlapperbossie, of die Dandileon se saad lyk ook so. 
Dan het ons 'n rankplant, jammer ek weet nie wat sy naam is nie, wat 'n eiervormige peul maak en as dit oop bars, dan kom die klossies saad uit wat die hele wêreld vol waai en waar dit val, daar groei dit.
Het jy geweet dat die Dandilion se blare eetbaar en medisinaal van aard is. 
Skuus, ek moet seker by sê dat die Dandileon soms op 'n ou se grasperk opkom en dat dit 'n geel blommetjie het. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Gelukskote
« Reply #4 on: September 02, 2012, 02:35:32 AM »
Nee ekke het nie geweet nie hoor! Nooit te oud om te leer geld beslis vandag nog  :notworthy: daar was juis rankplante wat alwat boom was, omhels het!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Gelukskote
« Reply #5 on: September 02, 2012, 02:41:07 AM »
Gou so bietjie gaan grawe: common dandelion
 
Algemeen paardebloem     n: Eurasian plant wyd as 'n genaturaliseerde onkruid in Noord Amerika, wat gebruik word as slaai en groente te maak wyn [syn: (Taraxacum ruderalia), (Taraxacum officinale)

Dandelion: ryk aan natuurlike natrium, vitamien C, kalsium, hulpmiddels lae bloeddruk, niere / blaas, lewer, yster, anemie, jig, diuretika, natuurlike alkalizer

 :bootyshake: Soooo dankbaar ek het jou gevra oor die saad PM! Kyk nou net waarheen het jou kommentaar my vanoggend gelei. Ernstig opsoek na enige iets wat bloeddruk kan verlaag hehehehe, ek gaan nou gou soek vir onkruid LOL!
« Last Edit: September 02, 2012, 02:48:01 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Gelukskote
« Reply #6 on: September 02, 2012, 02:47:37 AM »
Dit is hy daardie.  Dit sal 'n goeie toevoeging wees tot 'n nuwe onderwerp in die "kombuis" oor medisinale eienskappe van plante. 
Ek kan byvoeg - een ou se onkruid is 'n ander se brood.  Hê-hê.

Ons het 'n Petrea in die tuin wat nou weer vol in blom is.  Ek kan my ook verkyk aan daardie ranktakke wat die boom so omhels.  Onthou my gedig "woer-woer-wielietjies-waai"?   
Toe ons kinders was het ons so 'n wielietjie gehad wat jy spin, dan woerts dit so deur die lug.  As die blommetjies afval dan doen dit dieselfde en ek is gaande daaroor.  Dit lyk soos 'n pers mat wat op die grond lê. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Gelukskote
« Reply #7 on: September 02, 2012, 02:49:18 AM »
 Ek kan byvoeg - een ou se onkruid is 'n ander se brood.  Hê-hê. :icon_biggrin: Praat van gelukskote. Jou kommentaar was nou vir my een. Sien uit na die vervatting van die onderwerp in die 'kombuis' matertjie. Glo ons gaan baie leer!!
« Last Edit: September 02, 2012, 02:57:00 AM by Meraai vannie Baai »

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Gelukskote
« Reply #8 on: September 02, 2012, 08:10:50 AM »
marieta dit lyk nou spiekeries, baie geluk

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Gelukskote
« Reply #9 on: September 02, 2012, 11:36:46 AM »
Dankie Sarel  :toothy4: :notworthy: Neefgoed Joe Mulder se die mikrogolfposbusse is vir ouens wat hou van 'hotmail'  :headbang:
« Last Edit: September 02, 2012, 12:15:58 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Gelukskote
« Reply #10 on: September 03, 2012, 07:27:07 AM »
En ek dag al die tyd dat dit 'n voëlnes is. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Gelukskote
« Reply #11 on: September 03, 2012, 08:05:51 AM »
 :toothy4: nee mater dit is posbusse en langs die pad het ons heelwat van hulle gekry wat op verskeie maniere staangemaak is :)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Gelukskote
« Reply #12 on: September 03, 2012, 01:23:13 PM »
Ek sou nooit daaraan dink om my stukkende mikrogolf vir 'n posbus te gebruik nie, maar hier in SA sal hulle dit onder jou neus uitsteel met die gedagte dat dit dalk nog kan werk.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.