• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Grillerig

Started by Fransi, September 01, 2012, 10:33:17 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Fransi

Ek wil vandag verder werk aan my transformasie skildery en my styl is 'n mengsel tussen realisme en simboliek. Tik ek toe by Google images "wounds" in vir die snye wat ek op my vroutjie se skouers moet skilder. Dit was 'n fout.

PM

 :icon_biggrin: 'n Groot fout.   :icon_biggrin: 
Jy moet asseblief kom deel as dit klaar is matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


Meraai vannie Baai

Oe my plekkie geboek. Oudste seun het vir 'n naambrandwinkel ontwerpe gedoen en toe ek nou hier lees van die wonde onthou ek dadelik die een T-hemp ontwerp. Sal gaan soek en vir jou kom wys. Dit het boekdele gespreek. Kan nie wag om jou skepping te sien matertjie!!!

PM

Ja bring Sustertjie.  Die spreekwoord lui mos: van nuuskierigheid is die tronk vol en die kerk leeg.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :icon_biggrin:

Dankie, ek sal sien hoe ver vorder ek vandag. Die snye en kneusplekke is darem nou geskilder.

Ek is ook nou baie nuuskierig oor die T-hemp.

Meraai vannie Baai

So lyk die grillerige ontwerp van onse oudste



En hier is dit op die T-hemp


Fransi


Elizabeth

Baie oorspronklik!! Oudste mag maar!

Trapsoetjie

Baie goed gedoen. Wens ek was so kunstig.

:angel12: