• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

son skildery

Started by Louis, May 18, 2011, 07:55:53 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

Son skildery

Brand oranje gloed
in aandskemer grou
ingekwas op oseaan se skilderdoek
jou erfenis vir hier en nou
die horisonlyn is blink-vaal
onder die vuurbal is jou lyf maar skraal
in jou haas om by my te kom
trek jou reguit lyn glimmend krom
sigsag soos jy struikel en val
oor die skilderdoek se brander-berg-en-dal
jou spoor gestippeld
n kronkelende streep
jou verbrokkelde brandpad verbreed
tot hier by my voete
waar jou spoor se gloed
met ope arms
my ontmoet
op spieel glansende skemer strand
jou skilderdoek se silver raam

Angelica

Skildery beslis.
Kan sien hoe die son se strale breek en stukkie vir stukkie na jou voete aangerol kom oor die water.
elle

PM

Mooi geskryf Louis.  Dit bring beslis 'n gloed oor hierdie yskoue winterwind wat hier waai vanoggend. 
Om te weet is om te verstaan.