Author Topic: son skildery  (Read 2046 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
son skildery
« on: May 18, 2011, 06:55:53 PM »
Son skildery

Brand oranje gloed
in aandskemer grou
ingekwas op oseaan se skilderdoek
jou erfenis vir hier en nou
die horisonlyn is blink-vaal
onder die vuurbal is jou lyf maar skraal
in jou haas om by my te kom
trek jou reguit lyn glimmend krom
sigsag soos jy struikel en val
oor die skilderdoek se brander-berg-en-dal
jou spoor gestippeld
n kronkelende streep
jou verbrokkelde brandpad verbreed
tot hier by my voete
waar jou spoor se gloed
met ope arms
my ontmoet
op spieel glansende skemer strand
jou skilderdoek se silver raam
« Last Edit: September 14, 2015, 07:49:54 PM by Louis »

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: son skildery
« Reply #1 on: May 19, 2011, 02:07:26 AM »
Skildery beslis.
Kan sien hoe die son se strale breek en stukkie vir stukkie na jou voete aangerol kom oor die water.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: son skildery
« Reply #2 on: May 19, 2011, 06:53:29 AM »
Mooi geskryf Louis.  Dit bring beslis 'n gloed oor hierdie yskoue winterwind wat hier waai vanoggend. 
Om te weet is om te verstaan.