• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vriendskap

Started by PM, August 23, 2012, 11:11:39 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hierdie is met my Engelse poskoetsie afgelewer.  Ek het dit gou verkort en vertaal en hier is dit:

Vriende

Sou ek jou vrae vra
wie is die rykste man in ons land
wie het watter trofeƫ gewen
of wie is die mooiste meisie
wie is die slimste ouens met die meeste sertifikate
sou jy my kon antwoord?
Gister is verby
opskrifte vervaag
die podium loop gou leeg
die applous droog op.
Aanprysings en sertifikate
gaan saam met hul eienaars heen.
Wat werklik saak maak is:
daardie geliefde onnies wat jy onthou
die mense wat jou met liefde bystaan in moeilike tye
jou dierbare vriende.
Wie  of wat maak die verskil?
Nie geld nie,
ook nie skoonheid nie,
nie die geleerdheid nie.
Bloot net
die wat omgee.

Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Absoluut!!
En daardie vriende hoef nie eens ryk, slim, mooi te wees.
Net... daar te wees as jy wil huil, of skinder, of koffie drink...
elle

PM

Ek hou van die skinner deel.  Ek lieg, brag, skinner, huil en drink koffie  OOK.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Kosbaarder as korale is onse vrinne  :love7: ons speel weer pop tot Maandag en terwyl die prinsie slaap kom 'leen' ek gou die kabouters se tikkertjie want ek wou eers gou kom kyk of hier nie 'n siel is wat dwaal en lus voel vir geselssie enne koffie. Kry ek die skat. Dankie vir die deel PM!

PM

Nou toe,  :coffee2: dit is net die regte tyd vir  :coffee2:
En beskuit, en ek sien op die lys wys AB hoe om pannekoek te maak.  Ek gaan gou daar loer, maar soos ek hom ken is dit weer 'n grappie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.