• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

edikenhelsteen

Started by PM, August 23, 2012, 02:50:52 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek het hierdie van edikenhelsteen opgepik en wil dit graag met julle deel.  Wat het tog van hom geword?

Gemini

(vir Micaella en Dillon)

nakend in my heelal
van smorend swart fluweel,
dryf ek warm en knus:
my eie kosbare juweel.
vertroetel, gekoester
(my pantser graniet-hard)
pêrel in 'n oester
(my lewe verdriet-swart)

dan,
uit die niet
verskyn twee hemelliggame:
die eenheid van gemini.

mities illumineer
kastor en pollux
die duiwels wat my verteer.
en vlug hulle weg
van die hemelse lig
wat babahandjies alleen
aan my lewe kon verleen.

Titel: drie-poot hond

(opgedra aan die blinde mensdom)

Want ek is
Pontius
Pilatus,
`n stereotiep gasheer
vir die verdriet parasiet;
wat die bloed van
`n goeie man
met eko-vriendelike
hand-wasseep
kan versteek.

Daarom kan ek
skouerophaled en ligjare weg
om en om en om
`n honger kind wentel
wat elke dag om oorlewing veg.

En kan ek die brand
van selfbejammering,
wat soos swawelsuur
deur my are vloei,
met die geklingel
van kopermunte blus,
want ek het my bemoei.

Ek lê leepoog en loer
langs my leë kosbak
en wag dat iemand
my moet voer:
pateties soos `n
drie-poot hond.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Pragtig.
Bly jy het dit opgespoor, PM.
elle

PM

Ek dink dit is puik geskryf.   :notworthy:  Wens ek kon die man weer opspoor. 
Om te weet is om te verstaan.