Author Topic: Soms  (Read 1875 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Soms
« on: September 07, 2012, 11:45:08 PM »
Soms loop ek kaalvoet
deur dorings van selfverwyt,
struikel oor as-ek-maar klippe
tot 'n hekkie se toeklapslag
weer skel in my ore klink

Soms skep ek water
by putte van hoekoms,
gooi kruike vol waaroms
oor droƫ oorblyfsels van woorde,
maar geen sagte toemaarklanke
wil oor jou lippe blom

Soms dobber ek hulpeloos
in die stormsee van emosies,
voel ek magteloos alleen,
vir alle liefde verlore.

Soms wieg ek in kalm waters,
dryf rustig tussen gister en nou,
poleer met sagte glimlag
herinneringe aan jou

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Soms
« Reply #1 on: September 07, 2012, 11:54:14 PM »
Oeeee, kry ek weer hierdie beeldende woorde onder oge  :love7: :notworthy: Perrrfekte Digter's Eggo juffrou Gawie

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: Soms
« Reply #2 on: September 08, 2012, 04:34:42 AM »
Dit is baie goed geskryf.  Die woorde en beelde roer aan my emosies.  Boektoe. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Soms
« Reply #3 on: September 08, 2012, 06:48:00 AM »
Baie dankie getroue maatjies van my. Ek waardeer.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Soms
« Reply #4 on: September 08, 2012, 06:54:05 AM »
Eers weer kom lees aan die woorde wat my sielevensters opwasem :love7: :notworthy: :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: Soms
« Reply #5 on: September 08, 2012, 07:50:02 AM »
Ek stem.  Dit is hierdie "unread posts" wat maak dat ek telkemale terug kom om weer te lees en weer te geniet.
Gawie, jy toor met die hoekoms, waaroms en kaalvoet deur dorings.  Ek geniet matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.