Ek plaas weer die voorlegging bo. Let daarop dat die sperdatum nou einde April is. Almal wat deelneem aan boek twee se werk moet op die forum wees. Daar kry ek dit maklik om in die boek te sit. Dankie.
Hier is ons nou by boek twee. Rooiwyn Kaggelvuur & Vers is 'n groot sukses en almal is baie geukkig met die eindproduk.
Elke persoon wat deelneem aan boek twee sal ook die geleentheid kry om sy eie boeke teen kosprys aan te koop en self te herverkoop om sodoende sy eie uitgawes te dek en ook om sy eie wins te maak.
Hier is die voorstelling van die boek.
Grootte:
210 X 297 mm (A4 op sy sy gedraai)
210 X 594 mm as die boek oop lê voor jou.
As jy twee folio velle langs mekaar plaas sal jy sien dat dit baie spasie is.
Papier:
130 gr glanspapier. Dit is heelwat dikker as gewone A4 kopieer papier.
Volkleur:
Die kunswerk wat op die agtergrond van die skryfwerk is kan in volkleur gedoen word.
Buiteblad:
Volkleur. 300g glans (615mm X 210mm) beide kante volkleur litografies gedruk.
Bladsye:
250 bladsye of so na daaraan as moontlik.
Voorlegging:
Dit sal werklik ‘n diverse boek van uitstaande gehalte wees. Iets vir almal se smaak en iets waarop almal net trots sal wees.
Die boek sal bestaan uit Afrikaans, Engels, en ‘n klein bietjie Nederlands.
Gedigte, rympies, happies, artikels, kortverhale en elke skrywer kan gesegdes of waarhede op sy eie blad plaas.
As ‘n skrywer wil deelneem met ‘n nuwe idee, is hy/sy welkom om dit voor te lê.
Die werk word aan pm@afrikaanseforum.co.za gestuur om die bladuitleg te doen. Geen pdf formaat nie asseblief.
In kort, dit is jou spasie wat jy koop en solank jou werk aanvaarbaar is kan jy die spasie gebruik soos wat jy jouself daarin wil uitleef.
Alle werk wat in die boek opgeneem word sal op Die Afrikaanse Forum, in jou eie plekkie, geplaas word vir goedkeuring.
Dit moet ‘n keurige boek wees wat nie sal aanstoot gee nie.
Kostes om jou werk te plaas:
R100.00 per bladsy. Dit sluit die grafiese werk in.
Daar is geen verskuilde kostes nie. As die drukwerk duurder is teen die tyd wat die boek drukkers toe gaan, sal die verskil in die aankoopprys van die boek ingereken word en nie by die skrywer se spasie koste nie.
Die formaat van die grafika vir jou kunswerk:
Jou kunswerke, of kunswerk wat jy as agtergrond vir jou woordwerke wil gebruik, word voorgelê met 'n resolusie van minstens 300dpi. Hoe beter die kwaliteit van jou foto's hoe beter die resultate.
Bestellings:
Elke skrywer kan soveel kopieë van die boek bestel as wat hy/sy wil hê teen kosprys. Elke skrywer doen dus sy eie bemarking en maak sy eie wins.
Die doel van die boek is om vir elke skrywer die geleentheid te gee om sy werk in ‘n boek van uitmuntende gehalte te sien.
Die voorlopige aankoopprys van die boek word op R250.00 gereken.
Spasie:
‘n Minimum van ses bladsye kan bespreek word en twee-twee bladsye daarna. Die eerste bladsy sal uit die skrywer se profielblad bestaan. Ons probeer om elke skrywer se werk in sy eie bundeltjie te hou, waar moontlik.
Bespreek spasie:
Indien jy sou belangstel kan jy jou spasie by my bespreek en die nodige gelde oorbetaal.
Die bankbesonderhede van die Forum is soos volg:
Die Afrikaanse Forum
Capitec Bank
Tak 470010
Rekeningnommer: 1259004501
Gebruik jou gebruikersnaam op die forum as verwysing.
Spertyd:
Lede moet asseblief voor die einde Februarie bevestig hoeveel spasie hulle gaan neem.
Stuur asseblief julle werk vir my sodat ek daaraan kan begin werk. Alle werk moet voor die einde Mei ingehandig wees om die einde Junie drukkers toe te gaan. Teen die einde Julie behoort ons die boeke te kry.
Kopiereg:
Jy sal kopiereg op jou werk behou om dit weer op enige ander plek te publiseer of in te skryf vir kompetisies. Jy gee wel toestemming dat die boek met jou werk in geherdruk word.
Uit die aard van die saak mag jy net jou eie werk instuur. Indien jy van ‘n ander kunstenaar se werk gebruik maak moet jy toestemming hê.
Jy mag jou eie werk plaas al was dit voorheen elders gepubliseer en die uitgewer daarvan geen kopiereg daarop het nie. Jy mag wel toestemming verkry.
Jou Titel
In jou spasie kan jy ‘n foto of grafiese voorstelling en beskrywing van jouself plaas. Jy kan onder jou eie naam of ‘n skuilnaam skryf. Natuurlik jou skuilnaam en jou eie naam meld as jy wil.
Kontak:
Enige ander navrae of kommunikasie kan gerig word aan pm@afrikaanseforum.co.za