• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Daar's net IETS omtrent....

Started by Angelica, September 28, 2013, 09:27:45 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

die kraak van roosterbrood as jy dit sny...
Dis my stapelvoedsel, roosterbrood.
elle

PM

Ek lief brood!  Vars gebak, half oud of gerooster, brood is brood! 

Wat is jou gunsteling smeer op jou roosterbrood?

Toe ons kinders was en ons was siekerig, was roosterbrood en soet tee ons bederfie.  Sal ek dit ooit vergeet!
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Roosterbrood en Bovril.
As die Bovril op is, sommer All Gold Tamatiesous.
As daar niks is, droog.  Ek eet dit sommer so droog by die werk ook.
In die winter maak ek sommer my hande bo-oor die rooster warm en dis hemels om daardie warm stuk brood op jou tong te sit en die hitte in jou mond te voel.
Ek dink dit is al van winter waarvan ek hou:  Warm roosterbrood op my tong.
elle

PM

Ek dink ons twee sal 'n ver pad kan stap met warm toosterbrood.   :toothy4:  Net botter op is ook goed! of is dit die beste?
Ek is ook mal oor "fish paste" of wat ook al my voorkeur vir die dag is.  Ek stem saam, roosterbrood bly koning!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Die reuk van broodjie wat rooster.... hemels! Vir 'n onstelde maag - DIE beste ding.

PM

Ek sien nou eers ek praat van "toosterbrood".  Sjoe, dit kort seker net 'n erretjie vir troosterbrood.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

My ma het ook vir ons wanneer ons siek was roosterbrood met Bovril en soet rooibostee gegee. :-)

PM

Dit is presies daardie stukkie onthou wat my soms teen die mure uit jaag van verlange. 
Om te weet is om te verstaan.