• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Snaaks genoeg...

Started by PM, July 31, 2012, 11:35:49 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Jy kom tuis en iemand vra vir jou:  Is jy by die huis?  :icon_biggrin:
Nee, ek is nog in die stad!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Daai's niks. Bel jou en vra of jy wakker is. Nee, verdomp, ek praat in my slaap.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Die foon lui...ek antwoord..."Halllooo" ... Persoon antwoord "Kan jy praat?"... my reaksie ..."Nee, ek het 'n "smartphone" hy antwoord sommer vanself.  :evil6:

Moet by sê ek is skuldig.  :dontknow:

:angel12:

PM

Lekker lag ek nou.  Ek wil ook die krieps kry as mense mekaar skakel en vra: Kan jy praat?
Natuurlik kan ek praat, jy weet mos ek is nie stom nie.   :angel4:
As ek besig is met iets anders sou ek nie my foon geantwoord het nie.   :dontknow:

Om te weet is om te verstaan.

Elizabeth


PM

Daar is nog baie sulke "snaaksighede", jammer ek kan nie onthou nie.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

bloubefoeterd

Dis soos wanneer jy in 'n lamppaal vasloop dat jy net sterre sien en half uit op jou voete is en die eerste ou by jou vra: Is jy oukei? Ja meneer dankie vir die besorgdheid en ten spyte van geheueverlies hoofpyn, 'n blouoog, die feit dat ek nie op my voete kan staan nie en 'n neus wat bloei moet ek saamstem dat ek oukei is.

PM

Hi BB, lekker om jou weer raak te lees.  Ek het jou gemis.

:icon_biggrin: Jy laat my nou aan die boer dink wat 'n stofwolk by sy plaashek sien en in sy kar spring en gaan ondersoek instel.  Daar gekom sien hy 'n ryk Jood wat sy kar gerol het, en uit die stofwolk uitstap.  Hy vra toe ook of die man oukei is.
Die man maak toe 'n beweging met sy hand wat vir die plaasboer soos 'n geloofskruis lyk.
"Jy het seker baie seer gekry." sê die boer.
"No sir, I just checked my spectacles, my checkbook and my testicles, I am ok thank you!"

Om te weet is om te verstaan.

bloubefoeterd