• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Suksesvolle onderhoud!

Started by PM, July 10, 2012, 10:04:19 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Gister middag kry ons 'n oproep van meisiekind.  Hulle wil ons kom sien.  In die lig gesien, van al die negatiewe goed wat die laaste tyd met ons gebeur het, krimp ons harte inmekaar en kan nie wag dat die tyd aanbreek nie. 

Toe hulle instap is die agent van die konstuksiefirma wat verantwoordelik is vir die waterskade hier.  Ons "shoe-shoe" hom by die deur uit. 

Vra ek vir skoonseun hoekom is sy bakkies so dik, wat is fout.  Nee, hy is net moeg, het 'n lang dag gehad. 
Kom-kom, vertel, wat is aan die gang. 

Ons meisiekind het haar werk in Dubai verloor toe die firma gesluit het.  (Sy en Henk het vir dieselfde firma gewerk.)  Sederdien was sy werkloos. 

Met 'n lang storie, (ek moes haar kort-kort aanpor om tog net by die punt te kom) vertel sy dat sy die advertensie gesien het vir 'n PA vir iemand by 'n gholfklub.  Toe sy daar kom raap die eerste persoon wat haar te woord staan haar op.  Hy dink sy sal baie beter vaar as 'n "club fitter" en as sy wil, sal hy haar stuur vir 'n twee jaar kursus om die tegniek onder die knie te kry. (Dit is seker nou onder die "staalknie" want sy het mos twee knievervangings gehad.  :icon_biggrin: )
Hy stem saam met haar dat gholf in SA die dames liederlik afskeep en sy word gevra om die klerereeks-aankope te behartig. 
Om 'n lang storie kort te maak, my meisiekind is in haar element.  Dit is wat sy graag wil doen en soos ek haar ken, weet ek dat sy 'n reuse sukses daarvan sal maak.
Uit my hart uit wens ek dat elkeen van julle wat nie gelukkig is in dit wat julle doen nie, of nog volstoom aan die werksoek is, binnekort julle suksesverhale hier sal kom skryf.     
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Baie geluk. Dis nou goeie nuus. Gee hoop. Met al die water en modder is daar 'n silwerandjie.  :hello2:  :hello2:  :hello2:

:angel12:

Meraai vannie Baai

Beter as enige koerantnuus!! BAIE geluk  :notworthy:

AB

Baie geluk vir haar, gee haar sommer 'n soen vir my part ook

PM

Sal so maak AB.  Dankie julle, dit is darem een groot bekommernis van my skouers af.  Dit is nie maklik om 'n baie besige lewe te lei en dan skielik is jy verveeld nie.  Vra maar vir die ander, hulle sal weet.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Dis sulke meedeelings wat my moed laat skep in my lae oomblikke - een wat ek nou erg beleef ... DANKIE vir die deel en ek is sommer saam julle bly  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w