Author Topic: Ons verloor...  (Read 8613 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Ons verloor...
« on: July 02, 2012, 06:02:32 AM »
Ons het baie verloor...
Eers AB en sy gesin toe hul huis en 'home' met byna alles afbrand.  Toe Els wat haar werk verloor en die rimpeleffek wat die gebeurtenis het.  Nou PM en Hannes wat ook hul huis en 'home' byna verloor het deur stormwaters en al die shleb daaraan verbonde.
Die emosionele aspekte aan 'verloor' is baie en is groot. En wanneer dit jou huis is, dink ek, is dit net nog meer traumaties.  Jou goed waaraan jy jare bymekaar gemaak het, met soveel liefde aangeskaf het, ou goed, hartsgoed...  Goed wat niks en niemand kan vervang nie, is myns insiens wat jou hart uitruk, jou bors oopskeur.  Hoe vervang jy die foto's van Ouma en Oupa, van jou kinders, jou troue?  Niks sal ooit daardie oeroue sout-en-peperpotjies wat Oumagrootjie nog....
Ekself is verbouereerd, angstig, kwaad, in die duister oor wat met my gebeur het.  
Ek het al drie keer dieselfde droom gehad...
Ek moet dalk net agtergrond gee:  Ek het jare geneem om na 'n egskeiding, waar ek met byna niks uitstap, weer amper onafhanklik was. Wonderlike werk wat ook my 'home' word, waar ek veilig voel en daagliks met my kollega's, wat ook my vriende word, kon meng.  My salaris was goed. Ek kon vir die eerste keer in baie jare na myself omsien sonder die hulp van my kind.  Ons begin praat oor saam huiskoop, motor vir Ma...
My droom nou:  Onbekende mense met dreigende houdings wat my tot op die rand van 'n geweldige direkte afgrond laat retireer.  Dis geweldig hoog en die rotse het geen uitsteekpunte waaraan ek kan vashou of waarop ek kan trap nie.  Ek gaan val.  En onder... bruisende, woelende donker waters.
Ek sal weer onder moet begin, in die woeste, malende dieptes waar ek gaan struggle to survive.  
Het ek die krag en uithouvermoe?
My gebede is by julle, AB en PM en julle gades en gesinne.   Sterkte.
« Last Edit: July 02, 2012, 06:44:09 AM by Angelica »
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Ons verloor...
« Reply #1 on: July 02, 2012, 07:32:23 AM »
dankie, so ook vir julle almal wat swaar of ongemak deurgaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons verloor...
« Reply #2 on: July 02, 2012, 07:37:07 AM »
En ek wens vanmiddag dat ek julle almal hier in onse pandokkie kon vertroos en raad gee. My hart gaan uit en toe ek jou woorde lees Angelica verbrokkel dit helemal  :crybaby2:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ons verloor...
« Reply #3 on: July 02, 2012, 09:05:41 AM »
 :hello:

Ek het nie woorde nie- wens net ek kon vir julle almal wat deur verlies geraak is 'n stywe, groot drukkie gee.
Ek het nou die dag 'n vlinder in die tuin- in die hartjie van die winter gesien. Mag die winter wat nou in julle lewe is ook hier en daar vlinders hê wat hoop invlieg.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Ons verloor...
« Reply #4 on: July 02, 2012, 10:32:17 AM »
Engeltjie, ek weet dit gaan nie veel beteken nie, maar jy het eenkeer daar uit gekom, ek WEET jy sal weer. Net sterk wees. Wanneer daardie droom/nagperdjie jou ry onthou jy het vlerke, vlieg tot die volgende veilige stukkie grond. Voor jy gaan slaap onthou jou vlerkies saam te neem.

Almal gaan deur sulke deurmekaargooigoed, dat ek wens ook net ek kan raad gee, maar ek het nie. Ek glo in julle almal, want julle klomp is sterk mense. Wat die lewe al 'n hele paar klappe uitgedeel het, en tog ek kan met julle praat, want julle het sterker daaruit gekom.

Onthou net jy is nie alleen nie. Ons is almal saam jou.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Ons verloor...
« Reply #5 on: July 02, 2012, 10:47:52 AM »
Fransi, ek weet jy verstaan, want jy is ook pas deur 'n oop graf en aflegging.  Hier is nog ander matertjies oor wie se koppe die byle hang, en hulle verstaan ook.  Dit is werklik wat 'n mens deur die lewe dra, daardie onderskraging.  Soms klink dit hol en holrug gery, maar dit help om te weet dat daar ander is wat erger laste dra as "self". 

Trappies, dit is die beste raat uit en uit, daardie vlerkies!  :icon_biggrin: "I can fly...♪"
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ons verloor...
« Reply #6 on: July 02, 2012, 01:15:49 PM »
soms moet ons verloor om te kan wen  - paradoks en nie 'n lekker een nie - maar 'n juis een

lief julle almal
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Ons verloor...
« Reply #7 on: July 02, 2012, 05:26:54 PM »
Niemand weet wat 'n ander deurmaak nie. Slegs as jy self deur 'n soortgelyke situasie is, kan jy miskien verstaan. Elle, ek en Bert het ook al ons werke verloor,selfs eenkeer alles wat ons gehad het, maar een ding weet ek, iewers kom daar raad. Dis nie lekker nie en dis nie maklik nie, maar almal wat swaar kry, weet dat die bystand van opregte vriende meer waarde het as al die skatte in die wêreld. Lyk my die gedig wat ek vir 'n vriend geskryf het, het meer mense in gedagte gehad as wat ek ooit kon dink. Dit is in my hoekie vir almal wat 'n bitter beker moet drink.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ons verloor...
« Reply #8 on: July 03, 2012, 08:51:37 AM »
Hi Fransi, ek was nie bewus van jou hartseer en skokke nie.  Jammer.
Dink aan jou.  Dra jou op. 
Die pad is moeilik en tog loop ons elke dag met klein treetjies en hier en daar 'n ligpuntjie daarop.

>>>>> drukkie <<<<<

Hi Gawie, dit is so dat slegs as jy die pad geloop het, kan jy verstaan.  Tog is almal se pad nie dieselfde nie. 
My ondersteuning kom nie in koevertjies met note, dit kom in mense wat WEET en OMGEE en skakel en drukkies ... en 'n kuiertjie by die ryk familie in 'n baie mooi omgewing, ook 'n rit in die Lexus en 'n portjie in die ondergrondse kelder en biblioteek.  Plat op die aarde in 'n baie grand huis.  Laat my voel ek is nog nie iets om liewers te moet wegsteek. 

Dankie aan almal wat luister na my treurmare.  Soms moet ek net die gedagtes neerskryf. 
Hoop dat van vandag af, dinge sal gebeur.  Kom ons kyk.  (Gister was bietjie rof op die ego.)
elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ons verloor...
« Reply #9 on: July 03, 2012, 10:40:41 AM »
 :hello:

Dankie PM en Angelica. Ten spyte van en te midde van glo ek ons is almal nog welgeluksalig. Driemaal gelukkig, omdat daar vriende en geliefdes is wat omgee. Selfs in rou of verlies en miskien juis daarin, lê groei en genesing en altyd hoop. Selfs in die tye wat dit nie so voel nie. :-)

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ons verloor...
« Reply #10 on: July 03, 2012, 12:23:56 PM »
Ons almal verloor soms,
maar ons almal wen ook dikwels


maar soms moet ons verloor om te kan wen ..... want soms hou ons vas aan dit wat ons terug hou van dit wat ons eintlik moet he.


Ek het meer as eenkeer alles verloor - werk/familie  ... dood - gevaar - en sommer net 'n baas wat kwaad was omdat ek nie wou saam gaan met fraud nie ...

maar elke keer het ek sterker en beter ander kant uitgekom - nie finansieel nie ... maar in my mens wees en gees.

Dis egter nooit lekker om aan die onderkant van die put te wees nie ... dis nooit maklik nie, en al het ons hoeveel ervarings van, sal ons nooit werklik 'n ander persoon se ervaaring kan beleef of verstaan nie ....

ons kan maar net skouers bied en fisies so veel moontlik hulp verleen as wat menslik moontlik is ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w