• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Afrikaanse pram.

Started by Naas, April 15, 2011, 12:40:15 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Afrikaanse pram is mos die koskas van die inwoner van die Engelse pram.

Tolhek  -  Pramplaza  (Melkery vir arm motoriste. Hier melk hulle die laaste lekseltjie uit die motoris voor hy verder kan ry)

Tolgeld  -  Pramfooi  (Melkbelasting vir die voorreg om 'n prampad te gebruik)

Tolpad  -  Prampad   (Regering's melkery)

Cleavage - Pramplooitjie (By groter mense ook bekend as "Pramklofie") (daai plooitjie/klofie tussen die heuwels van Golgota wat die sondaars se oë so besig hou.) 


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Bestuur

Daar stort die Hoof nou al sy  :coffee2: op sy skoot uit! 

PM

Daar is net weer die bewys dat ons die "lekkerste" taal in die wêreld het Naas.   :icon_biggrin:  Dit is kostelik!  :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

ja dankie baie kostelik en beskrywend

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

Sien ek nou eers hierdie boektoe-woordskat van Naas! Net in Afrikaans voorwaar!!

PM

...en ek buig die knieg nog 'n keer.  Dit is uitstekende werk.
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Lees ek ook nou hierdie oor 'n stomstil gas se skouer.
Van die pram af in die prem.

:mumum:

Meraai vannie Baai

 :toothy4: Net in Afrikaans. Kom ek vanoggend op hierdie skakel af, daar is 'n mag der menigdom slangwoorde, letterlik van heinde en verre. Van die uitdrukkings/woorde het ek laas by my pa gehoor soos byvoorbeeld: quarter-past kaal arm en hokaai stop die lorrie! Moenie jouself staan en mamparra hou nie en dan die ene vir om't ewe: komme-sie komme-sa. 

https://www.wikiwand.com/en/List_of_South_African_slang_words

Naas

Husse met lang ore - as kinders ongemaklike vrae vra soos wat is in daai kersgeskenk pakkie.
Seepsop en braaibout - daai een het my vinnig in lyn gekry.
Van lag kom huil
Bo bont, onder vol stront
Die slonskous lyk weer pure verkeerdeveer hoender.
Aai, maak Ta Raatjie nou weer 'n paar vergete perde los vanoggend terwyl ek weer hier in ESKOM duister vassit.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek het gehang soos 'n ... bietjie vergeet soos wat maar in alle gevalle - ek het daardie lys verslind Naas en gedink dat ek dit moet deel. Sommige plekke was die ouvrou half blosend maar dan onthou ek dat sommige ouens wel so praat, ons het een in die familie wat redelik van daardie bar uitdrukkings na hartelus rondgooi en ons het hom lief gehad soos hy is. Gepeperde taal en al.  :icon_biggrin:

PM

'n Vriend van ons se seuntjie het my wind uit my seile geneem toe hy my antwoord: - sommer-
Ek antwoord toe terug, - sommer is nie 'n rede nie, en skilpad het nie vere nie.
Kom die antwoord terug - en motorbikes het nie deure nie. 



Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Bulder ek nou baie onvroulik diekant van die aardbol waar sommer vervang is met 'cause.... en niks verder nie. Al vra jy 'because why?" tien maal. Nou weet ek die Afrikaanse klonge is baie slimmer daardie kant!

Naas

Laat my dink aan husse met lang ore.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.