Author Topic: Plasing 8 - Boek 2 - Splinters Tyd...  (Read 3568 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Plasing 8 - Boek 2 - Splinters Tyd...
« on: June 09, 2012, 02:04:41 PM »
Splinters Tyd

Die son het my agter jou rug kom kry
knus
vel teen vel
die duiwe in die wildevy
het vroeg-vroeg al ons song gesing
asof hulle weet, tyd saam is min
jy was moeg na die rit
en min slaap
jou bene het geruk
toe ek my lippe op jou skouer druk 

Oor eiers en koffie het ek gewonder
wat van my hart sal word
as die hek oor die pad sou sluit…
en het weereens gekreun
onder jou gewig
jou sagte kyk het in my beker geskink
tot oorloop vol

later, by die hek toe jy moes gaan
het my vingers toegevou oor die warm son
en jou asem
in die palm van my hand

©Elsabé
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Plasing 8 - Boek 2 - Splinters Tyd...
« Reply #1 on: June 11, 2012, 12:50:14 AM »
pragtig
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Plasing 8 - Boek 2 - Splinters Tyd...
« Reply #2 on: June 11, 2012, 08:24:06 AM »
Dankie Willa.
Jy is 'n staatmaker as dit kom by lees en jou eerlike opinie gee.
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Plasing 8 - Boek 2 - Splinters Tyd...
« Reply #3 on: June 11, 2012, 11:28:56 AM »
as mens heuning smeer dan trek mens duisende bye wat die persoon op die ouende baie eina kan steek ...

en ons is mos familie - familie is oop en eerlik met mekaar  :love7:

Hierdie gedig is pragtig - eintlik meer as dit - maar woorde om my innerlike ervaaring te weergee ontbreek
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w