Ja, ek is nie 'n eenkant mens nie, ek wil saam.
Die ergste wat jy aan my kan doen is om my uit te sluit.
Hierdie laaste paar maande was ek uitgesluit.
Nee, julle het my nie uitgesluit nie, omstandighede het my verhoed om deel te wees.
Ek het so ten velde getrek teen Naas se Bosswanna! Toe kom ek hier, terug in die "beskawing" toe sien ek dat dit nie effens beter gaan nie. Wat is dit met brande en onheil wat my volg?
In Amanzimtoti slaan die weerlig die transformator wat krag voorsien uit! Twee dae sonder krag!
Vandag brand 'n huis af, net hier om die hoek en twee kindertjies verbrand dood! Hulle vra ek moet kom berading doen! Ek kan myself nie eers beraad nie! Huil snot en trane! Spoke van gister oorval my! Sê hulle moet maar iemand anders vra! Here help! Hoe nou?
Ek besef net weereens, ons het soveel om voor dankbaar te wees. Skuus, koppie bietjie (of baie) deurmekaar.
Weet net, ek is nie 'n alleen mens nie, ek wil saam!