• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Naas se 'Regs-Aweregs-Struktuur'

Started by Meraai vannie Baai, April 17, 2013, 02:24:54 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Spesiale dank aan PM wat hierdie pronkstruktuur van Naas benoem het.
Die gedig en naam, spreek vanself as voorbeeld.

:hello2: :notworthy: :icon_salut:

Breiwerk

Klik klak, klikketie klak, klik klak...
taam po ennep eid iaaws seimtiR
en onder rek die patroon al langer
.yrk eikkelp eie ys keets ekle soos
Haar hande gekrom van ouderdom
sregniv rued low gidneheb feew
om vorm aan trui patroon te gee.
.kenlor ,smra ,tnapretga ,tnaprooV
Steek na steek word rye van liefde
uokretniw neet etmraw ni tisegmo
en nou gekoester in die wolkoekon
diehnegrobeg edervet eid ke raavre
Soos ongeborene in moederskoot.

© Naas

Meraai vannie Baai

Lees ek oor 'n gas se skouer weer saam en wonder hoe lank het dit jou geneem geboorte te skenk aan hierdie aweregse skepping Naas?
 

Naas

Omtrent net so lank as wat dit my ma gevat het om 'n trui te brei. Moet darem erken ek het in die proses 'n hele paar steke laat val. Dankie tog vir rekenaars anders sou ek alles weer moes lostorring.

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#3
Tot my skande gaan ek erken - het probeer en liederlik die pot misgesit. Al my steke verloor  :icon_bigsmurf:

Naas

#4
Dit was altyd so lekker om haar te sien brei. Die hande en vingers wat die moeilikste patron weef terwyl sy nog deelneem aan die gespeel ook. So as of hulle op "auto pilot" is.
Soms draai verlang se dolk dwars in die hart as ek net daaraan dink.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

 :crybaby2: Verlange is 'n nare ding. Die eerste foto wat ek van ouma Naas gesien het was van haar handewerk. So ek verstaan!

PM

Net gister soek ek iets in die "winterskas" toe ek my rok wat Ouma vir my gebrei het styf teen my hart vasdruk.  Wat 'n wonderlike voorreg om so 'n dierbare mens te kon ken.  Ouma se handewerk hou my elke winter snoesig en warm.
Om te weet is om te verstaan.