Author Topic: Die laaste paar uur van 2012...  (Read 7236 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Die laaste paar uur van 2012...
« on: December 31, 2012, 12:40:40 PM »
Hoe gaan julle die laaste paar uur - minder as 12 - van 2012 deurbring?
Gaan jy wakker bly en proppe skiet as die klok 12 slaan?
Is jy saam met familie, vriende, mense wat jy van hou, niks van hou nie?

Ek hoop julle bly veilig.  Geniet nogtans wat ookal julle doen.

 :occasion18: :occasion14: :occasion16: :icon_king: :wav:

Cheers...  :angel8:
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Die laaste paar uur van 2012...
« Reply #1 on: December 31, 2012, 01:39:58 PM »
nee ek en vrou het noggie besluit wat ons gaan doen nie. ek het vanoggend jong wingerd opgelei en die werkers het seker gedink hulle werkgewer is van lotjie getik om idt te doen, maar idt was lekker. sal dlak middag weer so maak, nou eers na ete so paar minute skuins lê, en dan sien wat ek voor lus is.

vannaand, nog niks planne nie, dlak sommer 10 uur gaan slaap soos baie ander ou jaar aande. vir my en die vrou is ou jaar en nuwe jaar net nog 'n dag in die lewe. dis maar iewers waar iemand 'n kalender opgestel het en besluit het dis nou ou jaar en nuwe jaar, hy kon netsowel besluit het dat 21 desember nuwejaar moet wees waneer die son weer omgedraai het. Dit maak my meer sin as dit 21 of 22 desember sou wees.

dalk gaan ek en die vrou vry vry die nuwe jaar in...as ons wakker is. lekker manier om die jaar af te sluit en jaar te begin.

ek het geen trek daarin om saam met klomp mense die nuwe jaar 12 uur in die nag te vier nie. baie keer is dit klomp dronk mense wat baie kan raas wat so bymekaar kom en soms onverantwoordelik raak.

sou nogal lekker wees as ek en vrou iewers vêr in die veld alleen kon kamp vannag om die nuwe jaar met stilte en natuur in te gaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die laaste paar uur van 2012...
« Reply #2 on: December 31, 2012, 06:53:09 PM »
AB, kamp in die veld onder die sterre en die vol maan, vry vry die ou jaar uit en die nuwe jaar in, klink hel goed.
Kon ook gewerk het vir my.
Ek is altyd bleddie bang om op die paaie te gaan, hierdie tyd asook oor Pase.  Noem my maar chicken, maar ek bly liewer veilig by die huis.
Die kinders rol net die oe as ek hul maan om versigtig te wees vir dronk bestuurders.  'Bly weg uit die paaie.  Luister vir Ma.'
Het gekuier by my seun vanmiddag (my skoondogter het nog 'n paar uur moes werk) en eetgoedjies saamgeneem en sommer net tyd spandeer.  Was vroeg-vroeg weer terug agter slot en grendel. 
Dis uitermate stil in die woonstel-blok.  Miskien sal die gedruis begin as hulle terugkom van die clubs en jol-plekke.  Ai, die kinders van vandag.  (Giggel...)
elle

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Die laaste paar uur van 2012...
« Reply #3 on: December 31, 2012, 07:23:19 PM »
Ek lees vandag op fb die meisies van vandag kook nie meer soos hulle ma,s nie. Hulle drink soos hulle pa's!

Mooi 2013 vir almal van julle.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Die laaste paar uur van 2012...
« Reply #4 on: December 31, 2012, 07:54:20 PM »
Ek lees vandag op fb die meisies van vandag kook nie meer soos hulle ma,s nie. Hulle drink soos hulle pa's!

Mooi 2013 vir almal van julle.

daais baie waar ja

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die laaste paar uur van 2012...
« Reply #5 on: January 01, 2013, 08:58:47 AM »
 :hello:

AB, die 21ste was ook in 'n sekere sin vir my 'n groter dag- ek het toe kruie geoes ens.

Gisteraand was ons rustig by die huis- ons het wense neergeskryf, dit met kaneel gestrooi, in 'n koevert gevou en toe aan die brand gesteek en naby middernag rond het ons net buite gaan sit onder die sterre en die boom en geluister na die jolyt rondom ons, terwyl ons die hond en kat probeer rustig hou. :-) Ek is mal oor vuurwerke-liggies en Kersfees se liggies, maar die harde vuurwerke onstel my, omdat dit ons troetelkinders ontstel. Die kleintjies is ook mooier vir my en hulle pop-geluid wek geen reaksie by die hond of kat op nie.

Ek hoop julle het almal julle aand geniet.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Die laaste paar uur van 2012...
« Reply #6 on: January 01, 2013, 08:25:18 PM »
hier by ons was dit gisteraand ( oujaar nag) van vroeg af dood stil. ons het niks gehoor van enigiemand wat geraas het nie en vas geslaap.


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die laaste paar uur van 2012...
« Reply #7 on: January 01, 2013, 11:06:23 PM »
Die laaste paar uur van 2012 het ons rustig in die kooi deurgebring. Ouma het 'n paar ekstra asemteugies geleen en oupa het probeer om 2013 nog wakker in te gaan. Die klem op 'probeer' LOL. Dink ons word oud  :icon_biggrin:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Die laaste paar uur van 2012...
« Reply #8 on: January 02, 2013, 11:07:31 PM »
Ons is teen nege uur teen die berg uit en het daar bo, waar 'n mens die hele stad se liggies aan jou voete het, gesit en kyk hoe die mense vuurwerke afskiet.  Dit was baie mooi. 
Ockert het ons natuurlik almal aangery want daar bo is nie parkeerplek nie.  Na twaalf het ons almal 'n geseënde nuwe jaar toegewens en is toe weer veilig tuis besorg. 
Van daar het ons ook 'n goeie kykie gehad oor Soshonguve, en ons was verstom om die hoeveelhuid vuurwerke wat daar afgevuur is te sien. 
Wat baie opvallend was is die hoeveelheid lantern lampies wat die lug in gestuur is.  Dit is geluidloos en pragtig. 

Mag 2013 vir julle almal baie vreugde en gesondheid inhou.  Mag dit die mooiste jaar ooit wees.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die laaste paar uur van 2012...
« Reply #9 on: January 02, 2013, 11:08:47 PM »
Ek kan my die pragtige prentjie indink. Dankie vir die mooi wense matertjie en ynste symste ook vir julle gesin  :love7: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Die laaste paar uur van 2012...
« Reply #10 on: January 04, 2013, 04:12:13 PM »
Dankie Raaitjie.  Ek kan nie glo dit is al die 4de nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Die laaste paar uur van 2012...
« Reply #11 on: January 04, 2013, 06:34:28 PM »
Dankie Raaitjie.  Ek kan nie glo dit is al die 4de nie. 

die jaar amper op sy rug?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Die laaste paar uur van 2012...
« Reply #12 on: January 04, 2013, 08:52:20 PM »
Haai weet jy AB, die jaar en die jare wat verby is, het net soos 'n wieliewalie by ons verby geswiep.  Natuurlik, as ons stilstaan en herkou oor alles wat gebeur het, klink dit soos 365 dae, haai regtig, was dit so baie?
Hierdie laaste paar weke het soveel onderwerpe deur my brein gevlieg en ek wou so graag elke dag dit met almal kom deel, maar daar was net nie genoeg tyd nie. 
AB, ek het soveel aan julle gedink en gewonder hoe ver is julle huis en of julle kan intrek of nie.  Ek weet hoe ongerieflik dit vir ons is met al die gaste en 'n huis sonder 'n fondasie.  hê-hê!
Ek weet net die nuwe jaar sal hulp en raad bring en onse ou pondokkie sal ook binnekort weer in (rep en roer) orde wees!
Flip Flippie, praat van in rep en roer!  Dit gaan dol, dol,  doller as kopaf, maar ons geniet dit 'n hond uit 'n bos uit!
Ek is so dankbaar vir familie en vriende!  Sonder daai deel sou my ou nerfaf-koppie dit nooit gehou het nie.  Ek lief lief lief julle!

Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die laaste paar uur van 2012...
« Reply #13 on: January 05, 2013, 12:00:24 AM »
 :love7: